Man aangekla ná twee hom op plaas oorval

Sonsondergang_windpomp_ReintDykema.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Saak is teen ʼn 52-jarige man van Limpopo aanhangig gemaak nadat hy en sy vrou Donderdag in die vroeë oggendure op hul plaas in die Letsitele-gebied deur twee aanvallers oorval is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 02:30 op die plaas Darina gebeur. Kobus Nel (52) en sy vrou is deur twee verdagtes, wat balaklawas gedra het en messe by hulle gehad het, wakker gemaak.

Volgens Mojapelo het die verdagtes ʼn venster oopgedwing om toegang tot die huis te kry. Hulle het die egpaar met die messe gedreig, geld geëis en hulle met toue vasgebind. Hulle het daarna ʼn jaggeweer met drie patrone, twee selfone, ʼn DVD-speler en ʼn televisie gesteel en op die vlug geslaan. Die egpaar is ongedeerd.

Mojapelo het gesê ʼn saak van nalatige besit van ʼn vuurwapen sal teen Nel aanhangig gemaak word omdat die vuurwapen glo in oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer geberg is. Dit was nie onmiddellik duidelik wat Nel se beweerde oortreding was nie.

ʼn Saak van huisbraak word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Poplap ·

Mens kan nie die polisie vertrou nie. Nie meer nie in elk geval. Jy word aangeval in jou huis jy word besteel en vasgebind dan word daar n saak teen jou gemaak. Lagwekkend

Deon ·

Ek neem aan almal moet hulle vuurwapens in ‘n kluis toegesluit hou totdat hulle aangeval word en dalk ‘n kansie kry om gou oop te sluit en te laai om dan dalk jou eie en jou gesin se lewens te probeer verdedig? Gestel die geweer was toegesluit in ‘n kluis dan dink ek nie die egpaar sou so lig daarvan af gekom het nie.

Jurie Botes ·

Gaan lees Artikel 49(1) en (2) asook artikel 13 van die Vuurwapenwet 60 van 2000. Jy kan die Vuurwapenwet aflaai van die internet af. Terloops die hof en DOV maak finale besluit SAPD doen net wat verwag word.

Kapenaar ·

Die berig is regtig swak. Was die vuurwapen nie in ‘n kluis nie? Het dit dalk in die kamer gestaan om gereed te he, wanneer dit benodig word? Indien wel, is die SAPD siek verby. Moet jy eers wag totdat hulle jou aanval, en dan net gou vir die rowers toestemming vra om jou wapen uit die kluis te haal!!

Blits ·

Ongelukkig is die vuurwapen wet so gestel; Jou wapen moet in n goedgekeerde kluis geberg word, as jy jou wapen by jou het mag jy nie n aanvaller met n mes skiet nie omdat dit volgens wet nie toelaatbaar is nie omdat jy nogsteets die mes kan afneem, ongelukkig is die wet so geskryf dat dit amper geen toelating maak vir selfverdediging nie wat beteen dat jy eers jou wapen mag gebruik as jy alreeds dood is, ons is die wapenwet se moets en moenies gedrill toe ek in die Komando re reaksiemag was wat met plaas aanvalle gewerk het, dis hoekom die komandoes tot nuut gemaak is omdat ons baie aanvalle voorkom het, ons was tussen die regeering en hulle doelwitte. jy mag n aanvaller wat van jou af weg vlug, al het hy jou vrou en dogter verkrag en jou seun vermoor mag jy hom onder geen omstandighede skiet nie omdat sy rug op jou gedraai is, die wapen wet is nie om ons onskuldige burgers te beskerm nie maar die voet soldate van die ANC se moord bendes, en dit sluit sommige van die poliesie in

Linette ·

Ja-nee kyk, die regstelsel in SA is sowaar as vet weet in die guns van diegene wat wil moor, steel en verkrag. Die man word nou aangekla omdat hy ‘n jaggeweer en ammunisie by hom gehad het (natuurlik vir selfverdediging) en dit nie ver weggesluit was in ‘n kluis nie. Wat help dit jy het ‘n vuurwapen en dit is doer, ‘veilig’ en ver weggesluit in ‘n kluis – as jy dit nodig het, moet jy eers die sleutels vind, oopsluit en dan jou wapen laai – en teen daai tyd is jy lankal keel-afgesny of doodgeslaan.

Adriaan ·

Die wet op die beheer van vuurwapens bepaal dat slegs ‘n vuurwapen wat gelisensieër is vir selfverdedigingsdoeleindes (onder Artikel 13 as ek reg is) gebruik mag word daarvoor. Jy kan nie ‘n jaggeweer buite ‘n kluis los vir selfverdediging nie, maar indien dit daarvoor gebruik was sou ‘n verdediging gebaseer op noodweer waarskynlik suksesvol gewees het. Bly maar ‘n klug….. Die man het waarskynlik vir die polisie gesê dat die wapen in die hangkas was en homself daardeur geïnkrimineer.

Bob Venter ·

Afrikaanse Knaap – Jy is heeltemaal reg. Die wet lui so maar daar word van jou verwag om paraat te wees om jouself en jou familie te beskerm. Dus die Wet is dubblesinnig want elke SA burger het die reg om volgens die Vuurwapen- wet ‘n Skedule 1 misdryf te bekamp of te verhoed.
Die vraag het ontstaan wat gebeur as jy as mans persoon aangeval of gedreig word met ‘n wapen of wanneer jou vrou bedreig word en dan vir die aanvaller/s eers toestemmimg vra om die brandkluis oop tesluit en jou dan kan verdedig.
Geen vuurwapen einaar sal dus fissiese geweld of Skedule 1 misdaad wil bekamp of betrokke by wil raak nie.
Mnr Nel moet maar ‘n goeie prokureur in Tzaneen kry wat sy saak kan stel dat die geweer in noodweer byderhand geplaas was a.g.v al die plaas aanvalle in en om Letsitele.
Letsitele polisie is nie is nie baie pro blankes nie.

Gawie Botha ·

Hierdie saak dink ek het ook drie kante,,,,nogtans behoort die SSA die saak terug te trek!

Koos ·

Nou waar kan jy dan jou wapen sit as jou huis gesluit is en die skelms breek in om jou te kom beroof en te vermoor. Belaglik dat die man nou aangekla moet word. Ek kook van woede om so iets te hoor.

Ek kook saam ·

Ek kook saam, goeie verdediging, mag n goeie prokureur hulp aanbied!

Madie van Rensburg ·

Ek stem 100% saam Koos, dis absoluut belaglik!!

Anita Maritz ·

Ek dink nie julle het die berig mooi gelees nie. Daar staan uitdruklik dat Nel nalatig was met die berg van ‘n vuurwapen. Die vraag is, is die vuurwapen gelisensieer of berg hy die vuurwapen vir iemand anders? In so ‘n geval is dit mos ‘n oortreding van die Wet op vuurwapenbeheer. Die feit dat hulle aangeval is stem ek 100% saam. Daar word niks gesê oor die aanvallers nie.

Ronel ·

Wettige vuurwapens moet in ‘n kluis gebere word, sodat jy net gou vir die inbreker kan toestemming vra om gou jou wapen wat jy vir selfbeveiliging, volgend wet, in jou kluis bere, gou te gaan haal. Jy weet. Iets soos ” Ag meneer die inbreker, ek wil net gou my wettige vuurwapen in my kluis gaan haal sodat ek myself en my gesin kan beskerm….

Blits ·

Ongelukkig is die wapen wet net soos ons landswette so opgestel dat dit nie die onskuldige burger beskem nie maar wel die skelm, hulle regte tot menswaardigheid word meer beskerm as wat n wetsgehoorsame burger sin beskerm word, ongelukkig volgens die wet moet jou wapen in n goed gekeerde kluis toe gesluit wees en as jy hom aan jou dra moet hy so verberg wees dat niemand hom kan sien nie, in die komando was ons gedrill oor die moets en moenies oor wapens en die wette, ek was deel van die komando reaksie mag wat gewerk het met plaas aanvalle, die wet is so gemaak dat jy eers jou wapen mag gebruik as jy al klaar dood gemaak is en as jy aangeval word en jou vrou en kinders word voor jou verkrag en vermoor en die aanvallers hardloop weg nadat jy los gekom het mag jy hulle nie skiet nie omdat die wet sê dat hy op gehou het met die daat en gevlug het, so as jy hom skiet sal hulle jou vir moord aankla

Leon van Rensburg ·

Dankie Blits,
Die eerste vraag wat die zarps my gevra het nadat ek ‘n mosambiekse (onwettige immigrant) inbreker doodgeskiet het was, ” hoe het jy jou wapen so vinnig gekry?” Hy slaap langs my en my kat in my bed. OOPS, ek is aangekla vir moord, kom weer 20/04/2016 voor.
Sterkte daar

Gert ·

Met n goeie prokureur sal hy onskuldig kom. Ironies dat die SAPD meer begaan is oor die berging van die wapen.

Jan Karsten ·

Wat de hel soek hulle in die huis. Nou kan hulle inbreek, dreig en steel en jy is die skuldige party. Wat het van die wet in SA geword. Ek dink polisie beamptes moet bietjie beter opgelei word deur die skuldiges te vang en vervolg.

Blits ·

ongelukkig vir ons is dat die wette oor die algemeen so opgestel is om die skelm te beskerm en nie die regte van onskuldige burgers nie, as n swart man n wit man vermoor kry hy net n jaar of 2 tronkstarf as hy nie gelukkig genoeg is nie, maar as n wit mens een dood maak dan is dit die einde van die wêreld en gaan lewenslank tronk toe of die een wat gedood is nou n geharde moordenaar is of nie

H Steyn ·

Totaal belaglik. Wanneer ek in my huis is hoef my wapen nie in ń kluis te wees nie. Wat soek die rowers in die huis? Tee? Dit is nie huis raak nie maar roof met verswarende omstandighede. Hierdie is weer ń poging om wapeneienaars bang te maak.

Jan Karsten ·

Wat de hel gaan aan in hierdie land? Jou eiendom word betree, jy word bedreig en besteel en dan word jy aangekla. M.a.w. as ek met my vuurwapen by my bed slaap, word vas gemaak en gedreig en die wapen gesteel, dan het ek die “wapen wette” oortree, terwyl dit in ‘n kluis niks beteken nie.. Tyd dat polisie opgelei word om die oortreders te vang en v ervolg.

Madie van Rensburg ·

Hoe belaglik!! Mense op plase hou juis hul vuurwapens naby om aanvallers af te weer. So as hul vermoor was sou dit seker maar net weer een v d statistieke geword het!

Blits ·

Plaas moorde word nie meer eers as statistieke gemerk nie maar as n oorwinning vir die ANC, so maak hulle die boere minder omdat die boer n groot probleem vir hulle is, n wit mens in n dorp en stad word nie deur hulle gesien as n boer nie, Hulle weet dat as die paw paw die fan gaan straf gaan die boere die witwaks uit hulle uit haal omdat die boere goed kan skiet, dis hoekom hulle aangeval word en baie baie baie selde is daar n arristasie wat gemaak word, meeste van die aanvalle is nogsteets on opgelos en word met militere akuraadheid uitgevoer en deeglike beplanning, hulle weet prisies wat in die huis aangaan en op die plaas, weet van jou elke beweeging, hoe gereeld en watse tye daar mense kom alles, jy word behoorlik bestudeer sonder dat jy dit agterkom

Reti ·

Wat? Hoop ‘skelms’ ook aangekla maar is hulle nou ‘staatsgetuienis’? GVOL. DEMMIT!

Henk ·

Ongelooflik. Ek is 100% oortuig dat die SAPD Bende hierdie plaasboer sou aankla vir moord as hy die kriminele geskiet het!!

Johan ·

Maroela…hou ons ophoogte….die nuwe wet vereis dat jy die korrekte lisensie het en hernu het….wat baie nie gedoen het nie….en die stoor daarvan…..

James ·

Waarvoor daar AMNESTIE verleen is tot in September, maar moet die klem nie hier op die AANVAL wees ipv op die stoor van ‘n vuurwapen nie? NEEWAT kom ons haal die ou wittetjies uit waar ons kan.

Veritas ·

Johan, wapeneienaars moet onthou dat die vuurwapenlisensies nie verval nie. Slegs die lisensiekaart verval en die lisensie bly geldig. Liensies wat in die identiteitsboekies geplak is, is steeds geldig.

Jan Karsten ·

Wat de hel gaan in hierdie land aan, polisie on opgelei en pateties.

willie ·

indien sy jaggeweer buite in sy bakkie was het hy moeilikheid, of verwar ek dit nou met ñ ander insident?

Kan-Nie-Glo-Nie ·

Dit is verregaande! Hy en sy vrou word oorval en met die dood gedreig….hy en sy vrou het hul samewerking gegee en gelukkig is hulle ongedeerd….maar nou moet hy aangekla word van die besit van ‘n jaggeweer? Vir al wat ons weet, wag hy vir sy lisensie waarvoor hy 3 jaar terug al aansoek gedoen het en net geen terugvoer gekry het nie? Hoe moet jy jouself dan beskerm in jou eie huis, op jou eie plaas? Ek kan-dit-nie-glo-nie….BELAGLIK!

Gert ·

Wat is die doel van ‘n wettige wapen wat in ‘n kuis gestoor word?? As jy, as slagoffer, jou potensiële moordenaar (wat ook gewapen kom) uithaal, dan is JY altyd die skuldige in SA, ongeag of jou wapen nou wettig of onwettig was. Regstelsel is ‘n reuse klug in hierdié land. Net ‘n geldmaakstorie waar selektieg opgetree word. Sekere “regsgeleerdes” en hul handlangers by SAPD sal rede soek om slagoffer as die skuldige uit te wys.

Ann ·

Dis nou nuut – nog nooit daarvan gehoor dat iemand aangekla word as hy in gevaar was nie!! Hemel!
Of die vuurwapen nou reg “geberg” was of nie, mens kan nie meer waag om jou vuurwapen in die kluis weg te sluit nie!! Die mense wat jou aanval sal nie wag dat jy dit gaan uithaal nie!
Wat gaan aan met die polisie?????

Mvs ·

Die hele staat en staatsdien is korrup! Hul daarop uit om witte uit te roei maak nie saak hoe nie ons moet net uit!

Mark ·

Die rowers het toegang deur n.venster gekry en toe die egpaag gyselaar gehou. Saam huisbraak moet die klag gewapende roof wees. Die klagop die dossier behoort te lees “Huisbraak met die opset om te roof en gewapende roof”. Kry n goeie prokereur en verskeur die staat in die hof. Maak daarna of gelyktydig n seviele saak teen die miniater van die polisie oop en eis vir die trauma ens. Baie sterkte.

meraai ·

Die woord van God voorspel hierdie dinge van die laaste dae……….wees paraat en maak net altyd deur seker dat jou saak met die Here reg is en Hy sal wysheid,insig en leiding gee.Die woord sê:wanneer jy hierdie dinge sien gebeur…….moenie angs bevange rondom jou kyk en vrees nie……. kyk op en weet jou verlossing is naby.Jesus se koms is op hande!

anton ·

As sy geweer nie benoem is as sy primere selfverdedigings wapen nie maar wel miskien n pistool of rewolwer dan het hy moeilikheid aangesien sy geweer dan in n kluis toegesluit moes gewees het.

Regtig?? ·

Wat verwag ons nou eintlik … onse nuwe Minister van Polisie het gaan geen agtergrond of opleiding nie!!

Francis ·

daar is nie altyd tyd om by n kluis uit te kom nie !!!!!
skelms dra hul wapens aan hulle en verras jou

Francis Linstrom ·

Sou die wapen in n kluis toegesluit gewees het sou die onskuldige mense waarskynlik wreedaardig aangerand word totdat hulle die kluis se sleutels oorhandig het en daarna vermoor word. In SA het ons geen kans teen rowers, verkragters, moordenaars en sogenaamde regstelsel nie. Die wat in die tronk hoort sit in die hoogste gestoeltes.

Rynhardt ·

Nalatige besit van n vuurwapen? Klink meer of polisie ontsteld is dat wit egpaar nie omgekom het nie.

Helene ·

Ek is lankal by gatvol verby!! Siek vir die korrupsie en dat mens nie eers by die Polisie beskerming kan kry nie. Ons het baie groot probleme!!

Danie Rossouw ·

Was dit swarte & sy vrou was wat oorval was sou hy NOOIT aangekla gewees het nie. So siek vir rasistiese optredes teen wittes. Het hy rowers geskiet was hy ook aangekla. So wanneer is jy reg????

Siek en sat ·

Wat n bleddie grap. Rowers het meer regte as gewone mense die land raak siek en die rassisme kaart word na die wittes gegooi maar wat is hierdie dan!!!!!!!

Gawie ·

Hierdie het niks met rassisme te doen nie. Die feit dat hy die Wapenwet oortree het, kan nie gekondoneer word as gevolg van die rooftog nie.

Spook ·

Ja en sou die skelms onwettige wapens saam dra…. En gevang word… Sou ek graag wil weet wat hulle vonnis gaan wees en Wat die man se vonnis gaan wees. Ag nee Wat… Sou die regering eerder wil he ons moet die rowers bydam met n panga? Baie wreeder as om met n geweer geskiet te word….. Want in stress situasies kan jy nie help hoe jou reaksie gaan wees nie.

Nico K ·

Ons ken nie die hele storie nie, maar ek aanvaar sy geweer was nie in kluis toegesluit nie. Volgens wet moet ‘n geweer in ‘n kluis gestoor word. Nou ek weet baie mense haal hul geweer uit in die aand as hul gaan slaap. (Wat help ‘n geweer in ‘n kluis as jy aangeval word.) Dit sal interessant wees of so argument in ‘n hof sal slaag. (Ek self is aangekla toe my pistool uit my huis gesteel is wat nie in ‘n kluis was nie. Nie ‘n ernstige klag nie. Ek het skulderkentenis geteken en ‘n nie te groot boete betaal nie.)

Danie Rossouw ·

Was dit swarte & sy vrou was wat oorval was sou hy NOOIT aangekla gewees het nie. Het hy rowers geskiet was hy ook aangekla. So wanneer is jy reg????

Liza ·

Ag asseblief ek kan nie glo dat hy aangekla word nie, my liewe hemel so hulle mag vuurwapens besit sonder lisensie, maar ja dit mos nou weer ‘n wit man…..so gatvol vir hierdie land…..en sy trawante…..

Gawie ·

Nee, hulle mag nie ongelisensieerde wapens besit nie. As hulle gevang word, word hulle ook daarvan aangekla.

Amnestie ·

Gawie het jy die afkondiging gemis dat daar AMNESTIE verleen is tot SEPTEMBER vir die inhandiging van ONWETTIGE VUURWAPENS? So tot dan kan die sluipers die onwettige wapens nog aanhou en gebruik.

Justice ·

Die polisie is die laaste wat kan boere aankla oor die veilige berging van vuurwapens. Onlangs het Maroela berig van verkeie wapens wat by `n polisiestasie gesteel is uit `n versterkte kamer waar die diewe deur die plafon gebreek het. `n Vuurwapen in `n boer se kluis is vir hom niks werd in die nag nie – sorg ook dat `n Jack Russel voor jou bed slaap vir vroee waarskuwing.

Dirk Hall ·

Die wet vereis dat ‘n vuurwapen wat nie onder ‘n persoon se onmiddellike toesig en beheer is nie, weggesluit moet wees in ‘n kluis? As ek die regte afleiding maak was die vuurwapen nie in ‘n kluis nie en daarom die klag. Sou die vuurwapen wel in ‘n kluis gewees het en die rowers dir met die kluissluitel oop gemaak het is die klag belaglik. Die berig is egter onvoldoende om werklik van enige waarde te wees.

Ou Gawie ·

Ou liberale Gawie, dit sou volksmoord wees as die man en vrou nie saamgewerk het nie, so los maar jou sarkasme vir jouself. Jy is mos aan die kant van die rowers, gaan hulle seker nog in die hof verdedig ook. Gelukkig kom julle ook tot ‘n val, vra maar vir HELEN ZILLE!!

Gawie ·

Volksmoordenaars maak voor die voet dood, samewerking of nie. Daar word nie nog gesukkel met slagoffers vasmaak nie, ens. Dis nie wat in SA gebeur nie.

Chilli ·

So lyk my ons mense moet maar net se hier is ek just kill me??? Wat gaan aan tog?

tamboti ·

MM beskerm julle dan ook rassiestiese SAPD teen onskuldige mense soos ek????

ELIZE ·

Ons het twee jaar gelede ‘n gewapende roof op die plaas gehad. My man het TV gekyk met ‘n oop voordeur en ek het gaan slaap. Ek het wakker geword toe die duvet afgepluk word met ‘n pistool en mes in my gesig. My man was vasgebind in die sitkamer met twee met pangas in die voordeur. die Here het ons bewaar daardie aand. Terwyl hulle met hulle rug na my besig was om al ons laaie en my juwele en TV te plunder het ek met die Here se krag die alarm kon aktiveer sonder dat hulle my hoor of sien. Toe die alarm begin skreeu het hulle laat spaander. Van daardie dag af word my vuurwapen op die bank langs my in die sitkamer gesit en as ons gaan slaap gaan hy saam bed toe saam met die beskerming van my Here. Hulle kan probeer inkom maar iemand gaan regtig seerkry en dan wil ek sien wat die polisie gaan doen want my vuurwapen was nie in die kluis nie maar langs my bed. Ek kry hierdie mense regtig jammer want die skelms word al die tyd beskerm en ons word geplunder en vermoor

Frans C ·

Die hele wetgewing is bedoel om in ‘n beskaafde samelewing te funksioneer,en nie in ‘n misdaadparadys soos Suid Afrika nie.Eintlik is die bedoeling dat die vuurwapen en die ammunisie apart gebêre moet word,dus nie saam in een kluis nie.

Wat prakties dus moet gebeur is dat as jy op ‘n plaas bly,jy altyd iemand op wag moet hê of jou beskermingsmaatreëls van so’n aard moet wees dat ,dat jy betyds gwaarsku word,voordat jy oorval word.

Baie mense besef nie dat alle sekuriteitsmaatreëls eintlik net ‘koop van tyd’ is, hoe beter
hoe meer tyd koop jy om jouself te verdedig. Natuurlik is dit twak om te sê dat as jy aangeval word deur gewapende rowers met groot messe ,jy nie op hulle mag skiet nie.

Dus vuur ‘n waarskuwingsskoot, as hulle nie weghardloop of jou perseel verlaat nie en een steeds nader kom,stel hom onskadelik deur hom in sy been te wond.Vlug die ander, en die gewonde een bly agter ontbied die polisie en ‘n ambulans en maak hom gemaklik.

Dit is eenvoudig so dat jou optrede nie sy optrede moet oorskry nie.

Leon van Rensburg ·

Wow Frans, ek glo jy was al in so ‘n situasie?
Jy is uiters arrogant om te sê skiet hom in die been. Ek was en dit was nie aangenaam nie, met my skiethand hou ek die deur toe vir mense wat wil inkom en met my swakhand , soos jy tereg noem,”‘n waarskuwingskoot”, toe klop ek die ou wat wil inkom terwyl sy maatjies my besig hou.
Ja, hy is dood en ek in die moeilikheid.
Jy kan nie advies gee as jy dit nie ervaar nie.

Ek sal wag vir jou kommentaar

Petrus ·

Die amnestie is nog nie in werking nie,moontlik eers vanaf Junie hierdie jaar.

Anoniem ·

Die beplande amnestie periode (vir die inhandiging van onwettige vuurwapens) wat aangekondig is, kan nog nie in werking tree alvorens dit nie deur die Kabinet goedgekeur is nie, dus is dit nog nie van krag nie en sal meer duidelikheid daaroor nog bekendgemaak word.

Barney ·

Mnr. Nel is in sy bed wakker gemaak. Die wapen was dus ewe veel werd vir hom – in sy kluis, of onder die bed of in die hangkas – hy sou dit in elk geval nie kon gebruik nie. As dit in n kluis was, kon daar dalk nou een wapen minder daar buite gewees het om iemand anders aan te val. As jy ‘n vuurwapen wil aanhou, wees reg om hom te gebruik.

Cj ·

Ek kan jou verseker as die wapen in die kluis was, was mr Nel nie meer nie! En die kluis sou oopgewees het en die wapen steeds weg. Dan sou die klag seker teen mev Nel gewees het. Really!!!

Oom Piet ·

Dit wil vir my voorkom asof sekere polisie beamptes by sulke voorvalle kyk na die kleur van die slagoffer en die kleur van die aanvaller en bevoordeel dan die aanvaller , deur te soek om hom te bevoordeel.

Dirk01 ·

Blits jy skep n gevaarlike wan indruk , indien jy met n mes aangevl word kan jy wel skiet. N persoon met n mes is uiters gevaarlik . Jy moet weer na nood weer gaan kyk die wet kan jy google . My wapen is ten alle tye by my en ek sal hom gebruik binne die voor geskrewe raam werk . Hier is heel wat regs geleerdes wat diekommentaar lees en ek is seker hulle sal redelikheid aan jou verduidelik .

Marina ·

Blits ek wil jou net bedank vir jou sinvolle inligting wat jy vir ons gegee het op die komentaar dit is inderdaad wet op besit van n vuurwapen wat jy hier skryf en alles wat jy hier genoem het is die volle waarheid baie dankie vir jou inligting. Stig asb so gou as moontlik jou eie komando sodat lede by jou kan aansluit en sodat die minderheid van die land beskerm kan word so sal misdaad uitgeroei word en geregtigheid geskied.

Bob Venter ·

Dirk01 ek wil graag verduidelik hoe die SAP ‘n mes aanval defineer; messe is ontwerp om mee te sny, kap en te eet. Vuurwapens is ontwerp om dood te maak. Dit is baie breedvoerig aan my verduidelik dat wanneer ‘n persoon met ‘n mes aangeval word, die mes se punt deur jou vel moet dring in direkte lyn van ‘n lewens orgaan en slegs dan mag jy sodanige aanvaller skiet of self ‘n klag aanhandig kan maak vir ‘n pogimg tot moord.
Indien jy nou gereed was met jou vuurwapen om jouself of iemand anders se lewe te red, moet jy die aanvaller dood skiet en GEENSINS net wond nie want anders word jy aangekla vir POGING tot moord wat in sekere opsigte erger is as ‘n moord klag.
Ek was persoonlik daardeur.

Blits ·

Joe. dis jou opinie, jy het n reg daarop, maar antwoord dan hoekom dit is dat mense wat se wapens in dieselfde vertrek as hulle dan aangekla word vir nalatigheid op wapens? Direkte beheer beteken beslis nie dat die wapen is jou kamer op die bed of in die bedkassie se laai kan le en dan dink dis direkte beheer nie, dis soos kar bestuur, as jy saam met iemand ry is die voertuig beslis nie in jou direkte beheer nie of is dit? direkte beheer is jy moet tenalle tye as die wapen by jou is direkte h=beheer he oor die wapen, as hy aan jou sy is het jy direkte beheer oor dit, en net vir jou informasie ek is nie oningelig of onkundig nie. gaan kyk jy eerder wat direkte beheer werklik beteken

Hein Mostert ·

So iets gebeur gewoonlik as jy iemand anders se vuurwapen onwettig in jou kluis stoor. Hulle moes natuurlik dit aan die SAPD bekend maak toe hulle die verklaring na die inbraak afgelê het.

Mike de Beer ·

As hy nie wederregtelik in my huis ongekom het nie het ek nie nodig gehad om enige iets te gebruik nie.

Barney ·

Dit is waar Mike, maar ons kan ongelukkig nie besluit dat die reels nie op ons van toepassing is as iemand anders misdaad wil pleeg nie. Die feit bly staan dat die wapen niks werd was vir sy eienaar in die situasie nie EN verder is dit nou in die hande van n misdadiger.

Hein Mostert ·

Na aanleiding van die opmerkings hierbo is dit onstellend om te sien hoe swak mense ‘n berig lees. Die Polisie moet ‘n klag indien as daar ‘n vuurwapen verwante oortreding plaasvind. Mens moet deeglik bewus wees van die wettigheid van wapens op hulle persele. Indien jy aangeval / daar ingebreek word, is dit ‘n dubbele terugslag.

SP ·

Ek wonder hoeveel van die wat hierbo kommentaar lewer,vuurwapenlisensies het,indien wel is dit skokkend om te sien hoeveel weet nie onder watter omstandighede jy jou wapen mag gebruiknie.

Kabs ·

Polisie het die fopspeen aan die verkeerde kant beet.

Regulasie 86 van Regulasies onder Vuurwapen Wet bepaal dat as ‘n vuurwapen nie onder direkte fisiese beheer van ‘n persoon is nie moet dit in ‘n kluis of brandkluis gestoor word. “…must be stored…”

“Stoor” en bêre of plaas is nie dieselfde nie dieselfde nie. Stoor het konnotasie van lang termyn berging.
Om iets te stoor of iets op ‘n plek te plaas is 2 verskllende dinge. Die een is lang termyn en die ander is kort termyn.

Voorbeeld: Jagter ry na jagveld. Gooi brandstof in by garage. Hy word beroof. Kan hy aangekla word dat hy nie vuurwapen in kluis “gestoor” het nie? Natuurlik nie.

As jy ‘n wapen in jou eie huis het en jou huis is gesluit en middernagtelike inbekers breek in en steel jou wapen is jy nie NALATIG nie.

Polisie sê hulle gaan hom aankla van “nalatige” verlies.

Hulle het nie benul wat is “nalatig” nie.

Idiote.

Hein Mostert ·

Indien dit iemand anders se wapen is – wat sonder die nodige permit daar gestoor word / of wat nie gelisensieer is nie?

Dirk01 ·

Kabs
jou verduideliking is billik ons sal hier nog moontlik n heel ander storie sien uit kom as wat die polisie weer gee . My vrees is net mense sien dit heel te mal verkeerd en word aan geval en verloor kosbare oomblike om hulle lewe te red . Die bog van n waarskuwing skoot skiet in jou huis in die nag stel jou eie lewe in gevaar . Ons moet besef as n bende in die nag inbreek om in jou huis te kom is dit dood sake , hulle kom nie vir koffie nie . Ek wil ook duidelik stel dit gaan nie oor swart/wit roof en moord in townships is veel meer . Ons wettoepassers het ons gefaal

w ·

Mense jul verstaan nie. Wit velle sal altyd vervolg word ongeag die omstandighede. Indien jou vel swart beskerm die wette van jou. En o hell n swarte word skrikgemaak in n doodskis en jy witvel kan dalk twintig jaar tronkstraf kry. Incompetent polisie

toy ·

Ek is so SIEK en SAT vir hierdie misdadigers in hierdie land. Al wat my troos is alles kom tot n einde dit kan nie so aan en aan gaan nie.!!!

Jenny ·

Dis te erg hoe alles na rasisme gedraai word. My honde is in my erf hulle blaf soos enige hond maak. Swart kinders gooi hulle met klippe maar j mag ni raas ni, di pa kom vra jou wats jou probleem di ma noem jou rassisties. Maar jyt mt haar gepraat oor sy ni haar kids kyk ni maar nt aanstap. Maar hy mag dreig want hys n polisieman. Maar jou hond is verkeerd want hy is in sy erf niks word gese oor dieremishandeling ni.

Henry McDonald ·

Iets in hierdie berig is beslis nie korrek nie. Daar bestaan nie so iets soos ‘n klagte van “nalatige besit van ‘n vuurwapen” nie. Hoe kan “besit” nalatig wees? Daar is ook niks in die Wet wat jou verbied om ‘n vuurwapen aan jou persoon of in jou onmiddellike teenwoordigheid by jou te hê nie. Soos bv binne jou bereik wanneer jy snags slaap nie. Die wapen moet slegs in ‘n kluis geberg word wanneer dit nie in gebruik is nie. Ook bestaan daar talle besliste sake waar regters bevind het die inbreker wat in jou huis inbreek kom nie om ‘n koppie tee te kom drink – daar is niks wat jou verbied om in die nag jou vuurwapen as sulks by jou te hou en te gebruik indien inbrekers in jou huis inbreek nie.

Cherokee ·

En van heel bo tot heel onder vra niemand hierdie vraag nie (en ek sê nie dat dit is wat gebeur het nie maar die moontlikheid daarvan was net na die lees van die berig in my gedagtes) – Wat as die polisie die wettigheid van sy wapenbesit ondersoek het en gevra het waar sy kluis is en daar was dalk nie ‘n kluis nie? Die wet maak die besit van ‘n kluis, met spesifieke spesifikasies, deel van die vereistes vir wapenbesit. Daar is selfs die moontlikheid genoem dat sy geweer in ‘n voertuig was. Toe ek my vuurwapenlisensies onder die nuwe wet geregistreer het, het die vuurwapenbeampte seker gemaak dat ek ‘n kluis het. Die kluis het ek vasgebout teen ‘n muur. Nie een van die kommentators het daardie moontlikheid genoem dat hy miskien nie oor ‘n kluis beskik nie. Sal daarvan hou dat die berig opgevolg word.

Gawies ·

Volgens sommige hier kan die man a.g.v die rooftog nie aan enige misdaad skuldig wees nie.

Louis Botes ·

Besit gedeelte van baie ou plaas in Swartruggens omgewing. Ons het ‘n skietbaan waar on mense oplei om hulself te verdedig, ens.

My raad is bly weg van polisie. Die Tswana’s in ons omgewing voel dieselfde. As hulle rondlopers in ons omgewing kry word hulle net een keer gewaarsku om pad te gee. Zimbabwiers kry nie eens ‘n waarskuwing nie!

Vind uit watter ander boere is betrokke met omgewing veiligheid, en laat hulle besluit wat om te doen.

Chnel ·

Blits slaan die bal totaal mis rakende sy kommentaar aangaande selfverdeding binne jou huis teen aanvallers met messe of wat ook al! Jy kan hom skiet binne jou huis as hy jou bedreig al is hy hoe gewapen of nie want moet jy nou eers in die donker verneem hoe is hy of hulle gewapen en dat hul jou dan eers kans moet om eers n soortgelyke wapen te kry sodat die geveg op n meer regverdige basis kan plaasvind. Nonsens as hy jou huis, jou fort, betree kan jy jouself verdedig soos jy wil na die beste van jou vermoë sonder om vra te vra! Buite in die erf of as hulle reeds weghardloop is dit n ander storie. Daar is nou al menigte sulke skrywes deur kenners in hierdie verband geplaas en mense moet hulle asseblief op hoogte kry daarmee en ophou om die stories te versprei dat jy iemand wat jou en jou gesin binne jou huis aanval of bedreig nie mag skiet as hulle nie ook met n vuurwapen gewapen is nie.

Blits ·

Mens kan sien jy was nog nooit in so n ding gevag nie ne? Probeer dit dansien jy hoe vinnig word jy aangekla vir moord dan kom gesels jy weer. ek was aangeval met n mes en die ou tot in die hospitaal geneuk met my pistool aan my sy, en die polisie en my prokereer het gese ” jy kan bly wees jy het nie jou wapen gebruik nie” As n mens nie in die situasie is nie is dit baie maklik om lippe te klap, maar wat inwerklikheid gebeur is heeltemal die teenoor gestelde van wat julle te se het, jy moet ten alle tye kan bewys dat jy regmatige geweld gebruik het, as n een jou met n mes aanval en jy skiet hom dood is dit ongelukkig moord behalwe as jy sonder tyfel kan bewys dat jou lewe in gevaar was en jy geen maar geen anne uitweg gehad het om hom te klop nie. as daar 2 of meer kom ja dan verander dit, maar jy moet altyd sonder twyfel kan bewys dat daar geen anne uitweg was nie

Blits ·

N vrou staan beter kans om vry gespreuk te word as n man, omdat n vrou se kans baie baie minder is om een met n mes te kan oorweldig.

Flip Kriel ·

Kragtens reg. 39 van die Regulasies i.t.v. die Wet op die Beheer van Vuurwapens moet ‘n vuurwapen in ‘n kluis bewaar word wanneer die vuurwapen nie onder die eienaar se direkte beheer is nie. Indien die wapen dus binne bereik van mnr. Nel in die kamer was, was dit waarskynlik onder sy direkte beheer en het hy nie die regulasie oortree nie.

Piet ·

Ons geliefde taal gaan ten gronde. Mense KAN nie meer SPEL nie. Wat gaan aan in ons skole?

Blits ·

gebeur as n mens tik en nog aandag gee aan anne dinge ook en oproepe ook het. sorry Piet

jean ·

En die huisbraak word so as ‘n nagedagtenissie gemeld……….

SARIE VAN HEERDEN ·

Maak nie saak of die vuurwapen reg of verkeerd geberg was nie. Wat het die swernoot gesoek waar hy duidelik onwelkom was. Boere, gee in jul vuurwapens dan gaan koop jy op straat ‘n ongelisensieerde vuurwapen waarvan die nommer afgevyl is en jy kan na hartelus jouself verdedig sonder enige vinger wat na jou gewys word.

vermeende ·

NALATIGE BESIT?????

Waardevolle goed, geld en wapens word in kluise gebere so dit is die eerste ding waarna rowers soek in n huis, jou kluis!!!!
Word die boer nou gestraf omdat hy dit moeilik maak vir “huisrowers” om wapens te bekom?

Nee nie nalatige bestit nie dis nalatige ondersoek!!

Flintstone ·

Aangekla?Wat maak dit nou saak of die wapen in die kluis was of nie.Die feit is dat die eienaar tuis was en dat die wapen op n vinnig bekombare plek was.Ons weet nie wat die presiese ligging van die kluis is nie.Al was die wapen toegesluit sou die indringers hom en sy vrou net verder gemartel en selfs vermoor het om die sleutel tot die kluis te kon bekom.Dan was die wapen in elk geval geroof!Met sulke gebrek aan common sense is dit nie snaaks indien die “wet” jou volgende gaan aankla van onvoldoende beveiliging van jou perseel.Plaas die “wet” hulle eintlike werk doen om ‘n veilige samelewing te verseker.My wapen bly langs my sy terwyl ek en my gesin slaap.Die gevolge sal ek met ‘n bekwame prokureur in die hof uitspook.Nie verwytend langs my vrou en kinders se grafte staan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.