Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die man is na bewering Saterdagoggend deur gemeenskapslede aangerand en met klippe doodgegooi. Die gemeenskapslede het die man daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik was vir die dood van ʼn 22-jarige man verlede week.
“Die man is dood langs die pad aangetref en daar word vermoed dat hy met ʼn stomp voorwerp aangerand is.” Die voorval het plaasgevind terwyl daar ʼn begrafnis gehou is vir die 22-jarige man. “Gemeenskapslede het die bejaarde man met ʼn graaf en klippe aangerand tot hy op die toneel dood is.”
Otto sê gemeenskapslede het die man se liggaam met grond bedek. Die polisie is in kennis gestel en het op die liggaam afgekom. Otto sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en dat ʼn taakspan saamgestel is om die voorval te ondersoek.
Gruwelik, bisar, kras, barbaars, hoe ookal. Is dit maar nie net die ware terme van n…Oog vir n oog.