Man aangeval ná oom se moord

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 30-jarige man is dood nadat hy in Erasmia in Centurion aangeval is toe bure Saterdagoggend sy oom se lewelose liggaam gevind het.

“Bure het glo om middernag die vorige aand gehoor hoe die twee stry,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Die bure is omstreeks 06:00 die volgende oggend na die plakkershuis waar die 58-jarige man dood aangetref is.”

Inwoners het die verdagte aangerand met enigiets wat hulle in die hande kon kry, waaronder klippe en bottels. “Die man is op die toneel dood.”

Die motief vir die 58-jarige man se moord is nog nie bekend nie.

Niemand is nog in verband met die 30-jarige man se dood in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek twee sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

DPJ ·

Nou met die naderende feesgety neem die moorde dubbel voudig toe.

Vivian ·

Gemeenskap het gedeel met die man. Wie gaan hul arresteer?

Lance ·

Die verdagte …..hoe wreed en barbaars van die res van die verdagtes !

Nee ·

Nee Lance, mense is moeg vir geweldenaars, hierdie mop fight is n kreet om te stop met sinnelose moorde. Moordenaars kry beskerming, regte en keuses, die reg en staat moet sy goeie burgers oppas en aan hulle menseregte en beskerming gee. Ek sê nie dit is reg nie, maar ek het begrip vir hul moedeloosheid!

Alida ·

So spaar ons 1000e rande aan ondersoeke en hofsake. Sorteer die probleem sommer net daar uit.

jaco ·

as die “verdagte” weggekom het, het dit die SAPD lank gevat om hom te vang, want hulle karring maar net van dag tot dag aan. dis net n gewone werk met vaste ure en teetye en lunchtye wat hulle “reg” ten alle koste is. voeg dan by hoeveel bly weg op n vrydag of n maandag met flou verskonings, waaraan hulle base anyway nie veel doen nie. dan word die saak uiteindelik ondersoek en dan vat hulle met hulle kaal hande aan goed wat bewysstukke moet wees. so word die staat se saak verswak. die “verdagte” kry ook borg vir R1000 of minder. so dan kan hy maar weer gaan verkeerd doen. as die saak uiteindelik verhoor word, is n jaar of 2 al verby. en dan word die saak telkens uitgestel oor maandag- en vrydagsiekte van getuies of die staatsaanklaer of die regter. Uiteindelik lei contaminated evidence en versagtende omstandighede, omdat die moordenaar mos menseregte het, tot ‘n 8 jaar tronkstraf en dan kom hy na 4 jaar op “goeie gedrag” uit. En dan moor hy net daarna weer…

Daleen Engelbrecht ·

Dis is presies wat gebeur. Kon dit nie beter stel nie.

Lance ·

Jaco jy slaan die spyker op sy kom ….dis SO waar ! Geen wonder dis so n groot gemors waar booswigte, moordenaars en verkragters meer regte het as eerlike opregte mense wat belasting betaal en elke aand bang moet gaan slaap

Kaufman ·

Die ware skuldiges is die polisie wat nie hulle werk doen nie, en zupi wat hulle nie kan en wil bestuur nie.

Gemsbok ·

Gaan die regering ook nou die Valke en talle hulpbronne inspan om hierdie gemeenskap te vervolg soos wat hulle die boere van Parys vervolg? #selektiewevervolging

NetaQ ·

Ja ne…. Wat die SAP aanbetref…DITTO. So word daar in Maart ‘n “sexual grooming” saak oopgemaak teen ‘n Wiskunde Onderwyser wat met ‘n 14 jarige seun lol. Tot vandag toe GEEN samewerking van SAP. Toe mamma haar poppe gooi word sy deur ‘n sekere vroue “Kolonel” gedreig….”As dit jou houding is laat weet ek die ondersoekbeampte om jou seun se tablet te kom haal en doen niks verder mbt die telefoonrekords wat getrek moet word nie” Ja wat…. die volgende dag toe laat weet die ondersoekbeampte my “hulle kry niks op die tablet nie, ek kan jou seun se tablet gaan haal” Wow wonderlik ne, JA SAP suck!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.