Man aangeval ná stryery oor parkering

Die beseerde man (links) is Dinsdag in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem (Foto: Rusa)

ʼn Man is Dinsdag in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy deur twee mans aangerand is weens ʼn geskil oor parkering wat verlede week plaasgevind het. Dit kom nadat die beseerde man glo Vrydag sy aanvaller se bejaarde pa bygekom het oor ʼn parkeerplek voor ʼn groentestalletjie in Verulam, KwaZulu-Natal.

Prem Balram, woordvoerder van die Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa), sê lede van die eenheid is Dinsdag omstreeks 09:10 na Wickstraat in Verulam ontbied. Met die lede se aankoms op die toneel het hulle die slagoffer aangetref met ʼn bebloede gesig en kop.

Lede van die Rusa-eenheid is Dinsdag omstreeks 09:10 na Wickstraat in Verulam ontbied (Foto: Rusa)

Volgens Balram het die bebloede man aan lede van Rusa verduidelik dat twee mans in ’n Tata-vragmotor hom met ʼn koper vuisyster oorval en aangerand het. Hulle het hom glo ook met ʼn stok geslaan.

Die bestuurder van die Tata-vragmotor, wat ook een van die vermeende aanranders was, het op die toneel erken dat hy en sy vriend dié man uit wraak “wou terugkry”. Hulle beweer die slagoffer het Vrydag die bestuurder van die Tata se pa (68) by ’n vrugte-en-groentestalletjie op die dorp aangerand oor parkering. Die bestuurder van die Tata het verduidelik dat sy pa ernstig beseer is en dat hulle ʼn saak by die polisie teen die slagoffer aanhangig gemaak het. “Die aanvallers het toe vandag (Dinsdag) besluit om te gaan soek na die persoon wat sy pa aangerand het, waarop hulle die slagoffer in Wickstraat opgespoor en aangerand het,” het Balram gesê.

Die twee beweerde aanvallers is aan die polisie in Verulam oorhandig en die beseerde man is per ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jdb ·

Ek hoop hulle kom gou los. Dil wil voorkom die wet net vir sommiges geld. Wie rand ‘n 68-jarige aan? Dit moet stop.

Moedeloos ·

Dalk is daar n ander rede vir hierdie optrede deur die slagoffer. Mens hoor nou net een kant van die storie

Elmarie ·

Om terug aan te rand is nie die oplossing nie. Nou is almal in die moeilikheid en dit omdat mense so aggressief is deesdae. Alles moet reggeslaan, afgebrand. stukkend gekap, doodgeskiet ens word, dis mos nou die antwoord. Sies vir almal van julle

Werner ·

Wel as jy aangeval word het jy seker die reg om jouself te verdedig

Sêmanet ·

Ek wonder net, hoe het die aanranders geweet presies waar om die man te kry, en dat dit wel die “regte” persoon was wat hulle aangerand het.? Mens behoort in elk geval nie eens oor ‘n stupid parkering te baklei nie. Loop soek net ‘n ander een.

Cherokee ·

Verulam is ‘n woongebied naby Durban, en miskien is dit die beseerde se groentestalletjie. Hoe dit ookal sy, dit mag wees dat hulle mekaar ken, of ten minste weet wie is wie.

Windhond ·

As mens 68 jaar oud is, is elke parkeerplek wat jy vind naby n ingang kosbaar, ek wonder of daar nog mense met beginsels is, -maar deesdae se kultuur van ek,- myself, verbaas my geensins dat hy aangeval was vir iets wat vir hom baie belangrik was nie, hy is seker oud genoeg om die aanvallers se pa of selfs oupa te wees- ga – sies!!

marius ·

Regin eie hande is die voorland van die hool . Hou maar dop .

LANA is ELANè ·

Ons land en sommige mense is totaal en al “bonkers” , ek kan nie glo dat mense als met geweld wil regmaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.