Man adverteer glo openlik bedrieglike permitte

Die advertensie op die man se hek. (Foto: ANA)

ʼn Man van Diepkloof in Soweto is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering bedrieglike permitte vir die lewering van noodsaaklike diens gedurende die afsonderingstydperk vervaardig en verkoop het. Die verdagte het na bewering dié permitte op ʼn plakkaat teen die hek van sy huis geadverteer.

Die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid het nou opnuut ʼn beroep op die publiek gedoen om nie bedrieglike permitte te koop of daarvan gebruik te maak gedurende die algehele landwye afsondering nie.

“Ons loof ons wetstoepassingsagentskappe vir die vinnige inhegtenisneming van hierdie bedrieër wat ons mense beroof van hul swaarverdiende geld in ruil vir die bedrieglike dokumente. Ongelukkig is dit ʼn ernstige oortreding van die regulasies,” het Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Morwane het die verdagte glo ook bedrieglike motorlisensies vervaardig.

Die verdagte is tans in aanhouding by die Diepkloof-polisiestasie en sal na verwagting binnekort in die Orlando-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie en die oortreding van die algehele landwye afsonderingsregulasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Burgermeester ·

Besigheids-ure skep die beeld dat dit ‘n ‘legitimate’ besigheid is. Hopelik kry hy punte vir oorspronklikheid?

Burgermeester ·

Wel daar het jy dit nou, dit is wat ek nou noem self-werkskepping in ‘n slegte ekonomies klimaat. Dit is nogal snaaks op ‘n makabere manier hoe vinnig die polisie kan optree teen ‘sagte’ misdadigers en die eer ontvang daarvoor, maar wanneer dit kom by plundereraars, betogers, en ‘harde’ misdadigers dan sukkel hulle om iemand in hegtenis te neem. Die polisie laat my dink aan jou tipiese boelie, kies die maklike teikens sodat dit lyk asof hy/sy die katjie van die baan is.

Genis ·

Opertunistiese boewe… oorspronklik met die besigheids ure… Hierdie moet poging to moord wees… Want jy laat elke Jan Raap en sy Maat rondloop..

Burgermeester ·

Die persoon was defnitief oorspronklik met daai besigheids-ure.

Cherokee ·

..en hardwerkend, wat hy gun homself slegs 2 ure per naweek rus .

Scalla ·

Gee hom n pos in die regering, hy toon entrepeneurskap en het visie in moeilike omstandighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.