Man afgedank ná borsvoed-voorval

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: https://www.news.uct.ac.za

ʼn Werknemer van die Universiteit van Kaapstad (UK) is Donderdag afgedank na aanleiding van ʼn voorval waartydens ʼn vrou in die geheim verfilm is terwyl sy borsmelk uitgepomp het.

Maroela Media het vroeër berig Maggie Marx, ʼn kommunikasiebeampte, het vroeër vandeesweek in ʼn blog-inskrywing vertel dat sy haar baba borsvoed en gereeld die privaatheid van haar kantoor gebruik om bedags melk uit te pomp. Op 13 Junie moes sy egter buite haar gewone kantoorgebou werk en het sy vooraf gereël vir ʼn private, veilige ruimte waar sy melk kan uitpomp.

Terwyl sy dit gedoen het, is sy onwetend met ʼn versteekte kamera afgeneem. “Die oomblik wat ek die tegnologie opgemerk het wat my verfilm, het ek ʼn hele paar prosesse in werking gestel – nie een van hulle aangenaam nie,” het Marx in haar blog-inskrywing vertel. “My werkgewer het die voorval ondersoek en is besig om die saak volgens sy beleid te hanteer. Ek het ook ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.”

Elijah Moholola, woordvoerder van die UK, het Vrydag gesê die werknemer se afdanking volg ná ʼn dissiplinêre proses ooreenkomstig die universiteit se interne prosedures. Hy het gesê die UK veroordeel die “ontstellende voorval en skending van privaatheid” ten sterkste. “Die UK het dienste beskikbaar om die nodige ondersteuning te bied aan die ander werknemer wat by hierdie voorval betrokke was,” het hy gesê.

Marx het vroeër aan Maroela Media gesê dat haar werkgewer baie ondersteunend in die aangeleentheid is en dat sy geensins dink dat hulle enige blaam vir die voorval moet dra nie.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn 38-jarige man is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die man het Maandag in die Wynberg-landdroshof op aanklag van crimen injuria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ai tog ·

Waar kry skuldige tyd vir afloerdery ….Die euwel van die dag is ledigheid!!…en misbruik van die media bv …fb twitter ens. Tog so bitter jammer dat mens só laag kan daal.

Jeannette ·

Liewe land, wat is dit met die nuwe mammies deesdae wat dink om kind te kry is ‘n wonderlike prestasie en borsvoeding nie net nog ‘n primêre liggaamike funksie nie? Hoekom, moet dié vrou in haar kantoor sit en borsmelk uitpomp? Kan sy nie die badkamer gebruik of haar baba se bottels tuis volmaak nie? Hoeveel werksure gaan verlore terwyl sy sit en melk uitpomp? Ek veronderstel ‘n mens kan nie met jou normale dagtaak terwyl jy sit en borsmelk uitpomp nie en dit vat glo ‘n hele ruk. Terloops, ek rook nie, so moenie die ding van “hoeveel-daaglikse-rook-breke-van-sewe-minute-elk-vat-jy-nie”? ophaal nie. Ja, my argument het niks te maak met die feit dat sy in persoon afgeneem is deur die een of ander siek “Peeping Tom” wat dink dat ‘n vrou se oorgroot, melkgevulde borste baie aantreklik is nie. Om egter die persoon af te dank, dink ek, was miskien bietjie drasties – ‘n man, wat dalk kinders en ‘n vrou het, sit nou sonder inkomste.

Gerda ·

wow Jeanette, jy het nou in ‘n bol dinges getrap. Maak gereed, hier kom die ‘teen’-kommentare. Vir die rekord, van my kant af: Jy sit die pot heel mis.

Ronel ·

Jeannette, Jou kommentaar suig. Wat van jy gaan sit in die toilet en eet jou kos. Dis seker die ma se reg EN voorreg om melk vir haar baba uit te pomp? Ek weet van baie werkende mammas wat melk pomp vir hul baba’s ! So hou asb jou snedige kommentaar en onkunde vir jouself.

As ·

Okay, as hy n vrou het hoekom kyk hy nie na haar melkbottels nie, die oertel. Ja, nuwe ma’s vat nogal oor, maar hulle dink seker die publieke badkamer is vuilde, merr onhigienies as in hul ma se. Én dit is haar kantoor, en was glo tydens middagete.

Cherokee ·

Jy as vrou dink die straf was ‘miskien bietjie drasties’ (want as hy getroud is word sy vrou en kinders nou ook gestraf) en miskien dink Maggie Marx se man (as sy getroud is) dat die straf te lig is.

Janie ·

Ek kan nie glo wat ek nou net gelees het nie. Die dame het duidelik of nie kinders nie of sy het hulle nie geborsvoed nie of sy het nooit nodig gehad om melk uit te pomp nie.

MissDemeanor ·

Jeanette. Is jy jaloers of wat? Dis great as n vrou se werksplek haar die kans gee om borsmelk uit te pomp . Sy kan aanhou werk en haar kind kan aanhou gesonde natuurlike melk drink. Ek het ook by my werk melk uitgepomp. Met n elektroniese pomp…kon heel gerieflik aanhou met lees of skryfwerk. Hoeveel werkstyd gaan verlore as mense rook of tee drink. Mens mag n rukkie asem skep ook. Mense wat werk by n plek wat omgee vir hul welstand is inelkgeval meer produktief.

MissDemeanor ·

En nou maak jy of die man die slagoffer is en sy “hypothetical” vrou en kinders. Wel hy moes daaraan gedink het voor hy sy perverse dade gepleeg het. Ek hoop sy vrou los hom. O en iets wat jy obviously nie weet nie. As mens se baba klein is en jy borsvoed gereeld dan swel jou borste op en dis baie pynlik as jy nie die melk uitpomp / jou baba laat drink o0 gereelde intervalle nie. En dit MOET gereeld gebeur anders daal jou melk produksie en jou kind kry nie genoeg kos nie. Ek werk in Vlaandere en hier is dit wetlik verplig dat werkgewers n vertrek moet beskikbaar maak waar moeders privaat en gemaklik kan borsvoed/ melk uitpomp. Dit het my instaat gestel om na 3 maande weer te begin werk. My baba was by n kleuterskool wat deur die maatskappy gestig is vir hul werknemers se babatjies. Dit was fantasties om te weet dat my kind goed versorg word, dat hy borsmelk kan kry en dat my werk hul vroulike werknemers waardeer. Ek kan nie verstaan waarom jy so veel kla nie. Wat is jou probleem?

Jy weet nie van beter nie ·

Ek lei af jy het nie kinders nie of hul was op blikmelk. Ek sal my weerhou van snedige aanmerkings wat ek bitter graag wil uiter. As jy borsvoed moet jy elke paar uur interval uitpomp om jou melkproduksie aan die gang te hou. Dis die baba se voeding. Gaan jy jou toebroodjies in die badkamer/tiolet voorberei of eet? Weet jy ooit dat die borspomp en bottels gesteriliseer moet word? Rather shut and thought to be a fool than open your mouth and confirm it – lui die spreekwoord

GC ·

Waar in die lewe het jy al sulke swak kommentaar gehoor?! Ek neem aan jou kombuis en toilet is in een vertrek? Sies man.
Die BCEA maak onder Good Labour Practices voorsiening vir n uur se betaalde uitmelktyd per werksdag as jou baba onder 6 maande is.

Renier Lubbe ·

Jeanette

Van moedersmelk uitpomp weet ek nou nie juis veel nie maar my logika sê vir my dis nie ‘n ding wat net soggens en saans by die huis gedoen kan word nie. Deur die dag moet dit ook uit. Wanner ‘n moeder tuis is drink die baba sekerlik nie net in die oggend, aand en deur die nag nie.

‘n Badkamer by ‘n werksplek is eintlik die toilet area. Nie ‘n aangename plek vir so iets nie, of hoe? Sou sy heeltemal privaat wou wees sal sy op ‘n toilet moet gaan sit en die deur toe maak.

Om enige persoon op ‘n plek te beloer/af te neem waar daardie persoon veronderstel was (en aangeneem het) dat hy/sy privaat is, is teen die wet en die man moet die gevolge sy daad dra, ten spyte van die vrou en kinders wat hy dalk het. Hoeveel ander het hy dalk al afgeloer en verfilm?

Ek hoop hulle smyt hom nog in die tronk ook.

Antie ·

Jeanette, wou jy afgeneem word???? Hy het gekry wat hom toekom, PUNT

Tammy ·

Dit is n gepaste straf en klaar!!!! As die man n vrou en, of kinders ook nog het is die straf beslis nie voldoende nie. Die rede… hy het ook sy gesin verneder met sy gemene optrede. Geen manlike of vroulike eggenoot het enigsins die reg om sy gesin so te verneder deur sy siek gedagtes en optrede nie.

CL ·

Jeanette, het ‘n nuwe ma jou iewers seergemaak? Jammer vir jou. Kan jou pyn in die woorde lees. Kry goeie berading. Melk pomp neem nie so baie tyd nie en dis ook net een of twee maal per dag. Sy kan dit met gemak inwerk.

Andrea ·

Ek het self lank geborsvoed en haal my hoed af vir die mammas wat moet werk, maar nogsteeds probeer om hul babas die beste voeding te gee. Jeanette, waar val jy uit? Dink jy dis maklik om met n borspomp te sit terwyl jy eerder jou baba aan die bors moes kon sit? En hoekom moet vroue dit in n onhigiëniese kleedkamer doen? Jou opmerking oor hoekom hul dit nie tuis doen nie, sê vir my jy weet niks van borsvoeding nie.

Stella ·

Goed is miskien erg oor sy werk wat hy nou kwyt is,,maar as hy getroud is weet sy vrou nou met wat hy homself mee besig hou,hy moes haar vantevore dop gehou het en dit beplan het? N duur les vir hom en n gagga ontnugtering vir sy vrou.

Cherokee ·

Jeanette, askies daarvoor maar laat my seblief toe om so skalks te glimlag omdat ‘n vroumens(!) wat deel is van die slimmer geslag(!) haarself in sò ‘n .. ‘n .. ‘n.. ‘n… valstrik(!) te laat beland.
Sorry girl, maar jou eie geslag maak jòu sìze sommer so woef waf!!! (Maar moetie worrie nie, volgende week, wat oor twee dae begin, stem hulle weer met jou saam oor iets anders).

Erika ·

Stem saam dat hy afgedank moes word. Mens stel tog nie kameras op om iemand sonder hul toestemming of medewete in die toilet af te neem nie? Dit is krimineel en pervers. En dit is wat die man is: krimineel en pervers. Die universiteit het die aangeleentheid mooi hanteer.

SARIE VAN HEERDEN ·

Om te borsvoed is ‘n natuurlike manier van doen. Maar ken jou plek en jou tyd. En as jy wil melk uitpompt, doen dit tuis .

Artimus ·

Duidelik weet jy ook niks van borsvoeding net soos Jeannette? Jou borste word vol gedurende die dag en as jy dit ni uitpomp kan jy baie pynlik vol word en jy kan siek word en koors kry. Geen borsvoedende ma kan al haar melk by di huis uitpomp en heeldag wag net om weer in di aand te kan doen nie? Waar kom jy daaraan??Gaan doen jou navorsing voor jy goed kwytraak wat jy heel moontlik niks van weet nie.

Ander Annie ·

Saartjie, daar trap jy toe ook in die strip. Die dame het niks verkeerd gedoen nie, tewens ek dink sy is ‘n wonderlike mamma. Toilette is nie privaat nie en siesa man, dit is onhigiënies. Daar is iets soos respekteer jou kollega se Kantoor asook jou Kollega. Ons lewe darem nou in ‘n moderne era. Boonop dink ek ons wat mammas is verstaan van hoe seer jy kan raak asook siek as die melk nie uitgepomp of deur die baba gedrink word. Dit is ‘n moeilike situasie vir ‘n werkende mamma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.