Man afgedank ná borsvoed-voorval

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: https://www.news.uct.ac.za

ʼn Werknemer van die Universiteit van Kaapstad (UK) is Donderdag afgedank na aanleiding van ʼn voorval waartydens ʼn vrou in die geheim verfilm is terwyl sy borsmelk uitgepomp het.

Maroela Media het vroeër berig Maggie Marx, ʼn kommunikasiebeampte, het vroeër vandeesweek in ʼn blog-inskrywing vertel dat sy haar baba borsvoed en gereeld die privaatheid van haar kantoor gebruik om bedags melk uit te pomp. Op 13 Junie moes sy egter buite haar gewone kantoorgebou werk en het sy vooraf gereël vir ʼn private, veilige ruimte waar sy melk kan uitpomp.

Terwyl sy dit gedoen het, is sy onwetend met ʼn versteekte kamera afgeneem. “Die oomblik wat ek die tegnologie opgemerk het wat my verfilm, het ek ʼn hele paar prosesse in werking gestel – nie een van hulle aangenaam nie,” het Marx in haar blog-inskrywing vertel. “My werkgewer het die voorval ondersoek en is besig om die saak volgens sy beleid te hanteer. Ek het ook ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.”

Elijah Moholola, woordvoerder van die UK, het Vrydag gesê die werknemer se afdanking volg ná ʼn dissiplinêre proses ooreenkomstig die universiteit se interne prosedures. Hy het gesê die UK veroordeel die “ontstellende voorval en skending van privaatheid” ten sterkste. “Die UK het dienste beskikbaar om die nodige ondersteuning te bied aan die ander werknemer wat by hierdie voorval betrokke was,” het hy gesê.

Marx het vroeër aan Maroela Media gesê dat haar werkgewer baie ondersteunend in die aangeleentheid is en dat sy geensins dink dat hulle enige blaam vir die voorval moet dra nie.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn 38-jarige man is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die man het Maandag in die Wynberg-landdroshof op aanklag van crimen injuria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ada

Mooi so Maggie- Mooi so!

Ai tog

Waar kry skuldige tyd vir afloerdery ….Die euwel van die dag is ledigheid!!…en misbruik van die media bv …fb twitter ens. Tog so bitter jammer dat mens só laag kan daal.

Jeannette

Liewe land, wat is dit met die nuwe mammies deesdae wat dink om kind te kry is ‘n wonderlike prestasie en borsvoeding nie net nog ‘n primêre liggaamike funksie nie? Hoekom, moet dié vrou in haar kantoor sit en borsmelk uitpomp? Kan sy nie die badkamer gebruik of haar baba se bottels tuis volmaak nie? Hoeveel werksure gaan verlore terwyl sy sit en melk uitpomp? Ek veronderstel ‘n mens kan nie met jou normale dagtaak terwyl jy sit en borsmelk uitpomp nie en dit vat glo ‘n hele ruk. Terloops, ek rook nie, so moenie die ding van “hoeveel-daaglikse-rook-breke-van-sewe-minute-elk-vat-jy-nie”? ophaal… Lees meer »

Tammy

Dit is n gepaste straf en klaar!!!! As die man n vrou en, of kinders ook nog het is die straf beslis nie voldoende nie. Die rede… hy het ook sy gesin verneder met sy gemene optrede. Geen manlike of vroulike eggenoot het enigsins die reg om sy gesin so te verneder deur sy siek gedagtes en optrede nie.

CL

Jeanette, het ‘n nuwe ma jou iewers seergemaak? Jammer vir jou. Kan jou pyn in die woorde lees. Kry goeie berading. Melk pomp neem nie so baie tyd nie en dis ook net een of twee maal per dag. Sy kan dit met gemak inwerk.