Man afgedank ná rassistiese video die lig sien

Adam Catzavelos. Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Adam Catzavelos, die man wat erg onder skoot gekom het nadat ʼn video van hom op sosiale media versprei is waarin hy neerhalend na swart mense verwys, is nou sy werk kwyt.

Op die video kan gesien word hoe Catzavelos op ʼn strand stap terwyl hy met die kamera praat. Dit is nie duidelik presies waar die video geneem is nie, maar dit is duidelik ʼn vakansiebestemming wat soos ʼn tropiese eiland voorkom.

Catzavelos neem homself vermoedelik met sy selfoon af en sê: “Ek gaan nou vir jou ʼn weervoorspelling gee: blou lug, pragtige baaie, ongelooflike see, en nie een k****r in sig nie. F****n hemel op aarde. Jy kan dit nie klop nie – jy kán dit nie klop nie.”

Die video is op sosiale media gedeel en het sedertdien soos ʼn veldbrand versprei.

Sosialemediagebruikers het uitgevaar teen Catzevalos, die bemarkingsbestuurder van St. George’s Fine Foods, en hom as ʼn rassis bestempel. Talle gebruikers het dié voorval met dié van Penny Sparrow vergelyk, waarin Sparrow na swart mense op die strand as “ape” verwys het.

Sommige het selfs dreigende foto’s van mense met byle en spiese op Twitter geplaas met onderskrifte soos “Waar is jy #adamcatzavelos?” en “ons wag vir jou om terug te keer #adamcatzavelos”.

Nic Catzavelos, Adam se broer, het namens die Catzavelos-familie en St. George’s Fine Foods ʼn verklaring uitgereik waarin hul bevestig Adam is met onmiddellike effek afgedank. “Die familie van Adam Catzavelos is gewalg deur die betrokke video. Dit is gruwelik en ons distansieer onsself van die sienings wat verwoord is. Ons verwerp rassisme in enige vorm,” lui die verklaring.

Die verklaring stel dit verder dat Adam se minderheidsaandeel so gou dit prakties moontlik is van hom ontneem sal word.

Die onderneming is vir die “veiligheid van sy personeel” tydelik gesluit.

Catzavelos het in 2014 aan ʼn Business Accelerator Programme op Talk Radio 702 deelgeneem. Nedbank was sy borg. 702 het hul intussen gesê Nedbank én 702 veroordeel alle vorme van rassisme. “Daar is ʼn onderhoud met hom gevoer op dié program wat deur 702 aangebied is en deur Nedbank geborg is, saam met ander entrepreneurs. Die program het al meer as 360 entrepreneurs oor ʼn tydperk van ses jaar gehad,” lui ʼn verklaring op 702 se webtuiste.

Nike het homself intussen ook van die voorval gedistansieer. Catzavelos se vrou is glo ʼn handelsmerkbestuurder by Nike. “Nike is teen diskriminasie en het ʼn voortgesette toewyding tot diversiteit, inklusiwiteit en respek. Ons glo in die krag van menslike potensiaal in alle mense, van enige ras, geloof, nasionaliteit, geslag of seksuele oriëntasie.” Die maatskappy het dit ook onomwonde gestel dat Adam nie ʼn werknemer van dié handelsmerk is nie.

Die EFF het intussen aangedui dat dié party van plan is om vandag ʼn strafregtelike klagte teen Catzavelos by die polisie aanhangig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Shaun ·

Kom ek voorspel Nike gaan sy vrou ook “vriendelik” vra om te bedank!……..

Johann ·

Ek is ‘n dom ou, ek wonder net of n hof in ons land die jurisdiksie het om iemand iemand te vervolg oor iets wat duidelik in ‘n ander land gebeur het. Behalwe as hy die video self hier kom versprei het. Ek wonder maar net, soos ek sê ek is nie baie slim nie.

Spioen ·

Wat het geword van die nie blanke vrou wat die wit mans beledig het op video toe sy ‘n kar gestamp het?

Vra ek ook ·

Seker in Eden by die boom van reg en verkeerd vergeet…

Eish ·

Dit is n Engelsprekende blanke van Griekse herkoms. Soos Penny Sparrow.
Genadiglik nie n Afrikaner nie.

Haan ·

Aag klim van jou perdjie af man. Die ou het dit heel moontlik aan n vriend ge-whatsapp en dié vriend aan n ander vriend. Ensovoorts.
So asof Afrikaners sulke goed nie doen nie

Ander Annie ·

Wanneer gaan mense leer om hulle monde te “zip” en op te hou om sosiale media te gebruik vir dinge wat hulle groot skade gaan berokken? Vir wat sê hy dit? Sit tog ‘n wag voor jou mond.

Se maar net 1 ·

10 teen 1 die familie of vriende vir wie hy dit privaat aangestuur het wat dit laat uitlek het – net soos die Indiese vrou wat vir haar man iets privaat gestuur het op die vliegtuig.

Theresa ·

En daar pluk hy so pas n lat vir sy eie bas. Wanneer gaan ons Suid Afrikaners om n wag voor ons mond te sit?

Carel ·

Ek is glad nie ten gunste van sulke uitsprake nie maar die EFF is die laaste om klippe te gooi

Willem ·

Ek sien elders die mense glo die video is op ‘n strand in Griekeland geneem.

ANON ·

ENNNN natuurlik het EFF iets se daaroor ….
maar geld dieselfde beginsels oor rassisme anders om ?.

rassisme is rassisme

Casper Labuschagne ·

Interessant. Tot nou toe het die vervolgings vir haatspraak soos die gebruik van die k-woord daarop neergekom dat iemand direk deur die kommentaar verneder word. Nou het ons egter die geval dat die afwesigheid van persone wat direk verneder word deur die gebruik van die woord op die betrokke strand steeds ‘n vernedering is vir diegene in SA wat verkies het om daardeur gekrenk te voel. Het dit ooit by enigeen opgekom om nie na ‘n video te kyk wat hulle sal verneder nie?

Haan ·

Gedagtepolisiëring/kultuurmarxisme.
En as ek na die klomp skynheiliges in die kommentaar kyk sien ek dit het die gewenste uitwerking

Lola ·

Hahaha, jy verwag heeltemal te veel Casper. Maar ja, ek vra dieselfde vraag.

stoopid ·

maar hoe gaan mens vooraf weet iemand gaan so iets kwyt raak op ‘n video voor mens daarna kyk?

Hanna ·

Aaag asseblief, kan almal groot word en oor hulle issues kom!!! DAAR is ‘n FREEDOM OF SPEECH reël.

Nettie ·

@Hanna – in dié land, die demokratiese, post-1994 land wat Suid-Afrika genoem word is daar net vryheid van spraak en vryheid van denke/aksie vir ‘n sekere rasgroep.

Jozanne van As ·

“Freedom of speech” is limited to the next person’s right to dignity. It is not an inalienable right. It has a line. He crossed it

Piet ·

“702 veroordeel alle vorme van rassisme”. Dis ‘n grap. Hulle rassistiese aanbieders is die rede waarom ek nie meer 702 luister nie.

Pieter ·

Toe ek groot geword het was daai woord in die HAT, moet ek nou my opvoeding net vergeet? Wat het geword van freedom of speech?

Die man praat moes eintlik net die waarheid.

Ronel ·

En die man van miway? Wat gaan met hom gebeur? Neerhalend verwys na blankes…. of tel dit niks.

Hansman ·

Nou gaan alle afrikaners weer om hulle perde klim en die dubbele standaarde van rasisme in Suid Afrika uitwys nadat almal van julle al dekades hier bly en nogsteeds dink die Afrika mentaliteit sluit logika in.

netso ·

Sorry, maar ek sit lekker en lag vir die een. Sekerlik net bedoel as n grap en nou ruk almal en alles die dam onder die eend uit.
Maar ja deesdae is ek te bang vir my gedagtes. Net nou is daar, iemand wat my gedagtes lees en laat vervolg.

Jannes ·

Ja netso, ek kan ook nie help om te lag nie. As iemand so min van my ras dink sal ek dalk eerder wonder hoekom mense so sleg van my praat eerder as om hom aan te val

Hansman ·

Kyk hoe sy eie familie hulle self nou distansier van hom in die publiek net om hulle self en hulle finansies te red. En dit is waarom ons vandag sit waar ons sit. Te bang vir opstand ter wille van ons besittings en sosiale status.

Jorrie ·

Dis juis die probleem. Sodra dit warm word dan word daar vinnig om verskoning gevra. Pleks mense eerder ‘n ruggraat groei en staan by wat hul sê!

Stuiwer ·

Ek wonder of die reaksie van die familie nie net ‘n rookskerm is nie. Hulle sal hom mos nie in die openbaar ondersteun nie. Ek sal nie verbaas wees as hy nog steeds finansieel by die besigheid gaan baat vind nie. Daar is tog ‘n kleinkind(s) ook wat hierdeur geraak word. Die familie sal hulle tog ook in ag neem?

Nettie ·

@Karin – ja, ek het geleer. Ek het eerstens totaal geheel en al van sosiale media afgeklim. En tweedens het ek geleer dat ek kan dink wat ek wil en sê wat ek wil, maar in my huis en in my eie privaatheid. NIE OP SOSIALE MEDIA NIE EN OOK NIE OP ENIGE OPENBARE FORUM OF KOMMENTAARBLAD NIE. En derdens het ek ‘n paar alternatiewe name vir die verskriklike, aanstootlike woorde in ons taal gevind.

Speedguard ·

Stem saam Karin, as jy jou self uisit as ‘n toffie dan moet jy maar bereid wees om gekou te word soos een, ‘n mens kry dom maar Ai !

ZAR ·

Salem heksejag weer. Die geskiedenis bly homself herhaal. You’re a witch, you’re a witch! Nou, you’re a racist, you’re a racist!
Eintlik hou die rasse jag mense net besig sodat daar nie na die vergruising van ons land gekyk sal word nie.

James ·

Daar word weer ‘n hooimied gemaak van ‘n strooihalmpie. Gebruiklike weerligafleier, vir blatante rassisme wat daagliks in SA gebeur en waar wittes (veral Afrikaners) swart (?) gesmeer, verneder en beledig word. Maar nou ja, as jou eie familie jou in die rug steek, hoe kan ‘n mens verwag dat daar ooit regverdig opgetree sal word in hierdie misrabele land. Rassisme is aan die orde van dag. Diegene wat dit ontken en nie opmerk nie, rook beslis iets eksoties of is opperste huigelaars.

Mielie ·

Verbasend hoe reaksies verskil, vergelyk nou MiWay se CEO se uitlatings en hoe MiWay hulle daarvan gedistansieer het teenoor hierdie geval. Die NIE AFRIKAANS sprekende blanke man se familie distansieer hulle van wat hy kwyt geraak het en tog onttrek twee groot groepe hulle besigheid. Hoe werk dit dan, het een van die twee groepe iets te sê gehad oor MiWay? Dis net om polities korrek te wees en n bemarkings strategie.
Hoekom moet sy vrou en haar werknemer aangevat word?

Nita ·

Aag Malema gaan spring in die see. Jou aandagsoekery is soos die gezoem van n brommer in ons ore. Ek wens die media wil jou totaal ignoreer. Al die aandag laat jou net verniet belangrik voel.

marco polo ·

Ek is gewalg deur die familie wat ter wille van politieke korrektheid en geld hulle van hom distansieer. Maar kan mense nie maar besef om nie sulke goed op sosiale media te versprei nie.

Ryan ·

So ‘n groot bohaai hieroor..Maar wat van die swart Vicky Momberg? #dubbelestandaarde

Jaco ·

Ek se die volgende. Hou op se wat jy wil. Dit lok net vedere negatiewe dinge na ons kant toe. Was dalk n grapi. Dink aan die impliekasies voor j dit doen.

Gemaskerde Sopbeen ·

As hy in Griekeland gestaan het toe hy die video geneem het, moet dit nie die mense van Griekeland wees wat beswaar moet maak nie? Hy het nie verwys na Suid Afrikaners nie?

LIEKIE ·

Ek sê NIKS !!
Kan mense tog NIE uit ander se foute leer nie ???

Koos de Meyer. ·

Hy het niks verkeerd gedoen nie. Die ou woordjie gesê en die ander minder waardige klomp maak nou weer van ‘n molshoop ‘n berg. En die man se familie is ruggraatloos. Wat ‘n siek storie.

Annelize ·

Niemand kan jou minderwaardig laat voel tensy jy hulle toelaat of die skoen jou pas nie…

Vreemd ·

Dubbel standaarde word weereens hier beklemtoon. Die mede landsgenote wat in die regering sit praat van volksmoord en skade maak aan ander landsgenote, maar hulle bly nog aan diens. Maar laat ander landsgenote nou ´n woord se, dan is jy jou werk kwyt, jy word in die publiek gesleep en verneder, gedreig en daar word ´n poging gemaak om jou lewe te verwoes. . . . . . .

E.K. die eerste ·

Wat van die mense wat dreigende boodskappe aan hom op twitter gesit het? Is dit reg?

jaco ·

Daardie gewraakte woord beteken “ongelowige” in Arabies. ‘n Baie toegewyde Moslem het eenkeer vir my gesê daardie woord is op my van toepassing, want omdat ek as Christen glo in die Vader, die Seun en die Heilige Gees, glo ek, volgens Islam, eintlik in 3 gode.
As dit volgens hulle so is, dan is dit maar so. Ek was regtig nie lus vir ‘n stryery oor geloofsverskille nie.

Basjan ·

Wat het die man hoegenaamd besiel om daardie opname te maak en dit dan nog op sosiale media te laai? As jy dom is, moet jy maar die gevolge dra.

JOsh ·

Ek sou verseker na my familie en vriende gekyk het vir wie ek die video gestuur het .. there is an enemy amongst them …

Gerda van Zyl ·

Enige wit persoon wat net waag om die”k” woord te uiter, maak nie saak in watter sin nie, word dadelik tot in die verste Howe vervolg! Facebook en al die sosiale netwerke wat poste toelaat wat se: Kill the boer, Kill all the whites, Rape and kill the whites en nog vele meer!!!! Wat daarvan??? Nee, hulle is die onderdruktes en daars seker n goeie rede voor!! Twak man!! Dis dubbele standaarde en wette. Dis al!!!! Ons wittes is keelvol daarvoor!! Waars die sosiale media polisie dan??? Die tyd het aangebreek dat daar ook “gelyke wette” toegepas sal word in die veroordeling van elke geval! Maar soos gewoonlik sal n boodskap soos myne geignoreer word.

Mariet ·

As dit net nie vir hierdie dubbele standaarde was nie…..

IK ·

Nou waar is die video? In my geestesoog sien ek spierwit strande. Ja spierwit sand maar waar is dit? Dit kan net op Mars wees waar hy was . . .
Dit laat my dink aan die rede hoekom ek SA nie sal verlaat. Nee niks te doene met . . . maar dat ek die koer vd tortelduif sal mis.

Verspot ·

Wat ‘n klomp lawwigheid – het die aanklaers niks beters om te doen nie?
Versprei asb eerder ‘n video oor plaasmoorde dan kyk of ons dit eers die nuus sal haal?
Stuur ook sommer ‘n plaasmoord video en Kill The Boer lied na die skool toe en dan kyk ons wat gebeur.
Die lot se politieke korrektheid gaan hulle niks in die sak bring nie.
Gaan eerder aan met julle skoolwerk en klasgee as om julle so verspot te hou.

Diefie ·

Kan soveel tyd en woorde gemors word oor die man se mening. Ek is seker daar is baie meer belangriker onderwerpe wat dringend aandag nodig het, wat heeltemal geignoreer word.

Woord ·

Kom ons se ons as blankes wil dit genoem word – wonder wat hulle dan sal se – dan sal die woord nie verban word nie!!!

Elsabe Lottering ·

Ek hoor oor die nuus sy id, telnrs en adres is bekend gemaak. Ek hoop van harte hy het n uitmuntende prokureur wat kan naspoor wie sy adres bekend gemaak het wat deur daardie aksie onskuldige mense se lewens diep diep in gevaar gestel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.