’n Man is Vrydag terwyl hy bestuur het koelbloedig doodgeskiet. Die voorval het in Roodepoort plaasgevind.
Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê die motoris het omstreeks 09:10 met ’n silwer Mercedes-Benz op die hoek van Vyfde Laan en Tweede Laan gery toe hy deur die insittendes van ’n silwer motor, wat langs hom gery het, geskiet is.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort ná die voorval na die toneel ontbied waar hulle die motor op sy dak in die pad aangetref het. Die slagoffer was in dié stadium in die motor vasgekeer.
“Medici het die man ondersoek en gevind dat hy verskeie skietwonde opgedoen en geen tekens van lewe getoon het nie. Daar kon ongelukkig niks vir die man gedoen word nie en hy is dood verklaar.”
Masondo het gesê die motief vir die moord kan nie in dié stadium bevestig word nie, hoewel dit vermoedelik met taxigeweld verband hou.
’n Saak van moord word ondersoek.
Die polisie doen ’n beroep op mense om enige inligting rakende die voorval by die Stop Misdaadnommer, 08600 10111, aan te meld.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Welkom in SA … hier maak ons soos ons wil, geen wet en orde nie
Dit is kommerwekkend hoe meer vuurwapens by die polisie ingehandig word ,hoe meer mense word in hulle voertuie dood geskiet. Wonder of daar n verband tussen die twee is
Wilder as die Wille weste?
BLM is swart op swart ook rassisme? Vra maar net want al wat jy in SA hoor is hoe swart mense, swart mense uit roei!