Die brand wat Sondagoggend by die parlement in Kaapstad uitgebreek het, is steeds nie geblus nie en groot skade is aan die vleuel wat die Nasionale Vergadering huisves, aangerig.
’n Man is intussen in verband met die brand in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die hof verskyn.
“ʼn Man is in die parlement in hegtenis geneem. Hy word steeds ondervra. Ons het ʼn strafregtelike saak aanhangig gemaak,” het Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, gesê.
“Die hele lokaal waar die lede sittings hou… het afgebrand,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, aan AFP gesê oor die skade wat aan die Nasionale Vergadering aangerig is.

Rook borrel uit die parlementsgebou terwyl brandbestryders die vlamme nader. (Foto: Marco LONGARI / AFP)
Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, het vroegaand aan Maroela Media gesê die brand by die ou volksraadsaal in die ou vleuel kon in bedwang gebring word. Brandbestryders is egter nog besig om die vlamme op die eerste en derde verdiepings wat die Nasionale Vergadering huisves, te blus.
Die Valke ondersoek intussen die oorsaak van die brand, berig News24.
Volgens Patricia de Lille, die minister van openbare werke en infrastruktuur, het die watersproeiers van die parlementgebou nie dadelik aangegaan toe die brand vanoggend uitgebreek het nie. Dit is vermoedelik omdat ’n klepkraan toegedraai was.
Maroela Media het vroeër berig vrae oor die parlement se veiligheidstelsel het vroeg reeds ontstaan aangesien dit geruime tyd geneem het voordat alarm gemaak is.
Die omvang van die brand is nog nie bekend nie.
- Daar is tans 70 brandbestryers en 12 brandweerwaens op die toneel. ’n Skofruiling sal tussen 20:00 en 21:00 plaasvind om die brandbestryders ’n blaaskans te gee, het Carelse gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
NOU WAAR IS DE LILL ? Wat het sy nou vir haar self tesê ????????????
Die brand word nog steeds, nadat daar 24 uur gelede met groot bravade aangekondig is dat alles onder beheer is. Tipies politici…
Hierdie “man” is net die pion. WIE IS SY BAAS???
So iemand stap doodluiters in en steek die plek aan die brand? Dit is skokkend en terselfdertyd lagwekkend.
Ek sien daar is ‘n nuwe fliek uit gister? “PARLEMENT DOWN” Starring John and Cyril…