Man agter tralies wat glo polisiemoordenaars help

(Argieffoto)

ʼn 36-jarige man wat glo kop in een mus met die vier moordenaars van ʼn polisiebeampte was, bly agter tralies nadat sy aansoek om borgtog van die hand gewys is.

Die staat het Kwanga Nojaholo se aansoek in die Zwelitsha-landdroshof in die Oos-Kaap teengestaan.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, het vier mans sers. Pumlani Dastile verlede Maandag buite ʼn kroeg in Zwelitsha oorval en doodgeskiet.

Nojaholo is vier dae later in hegtenis geneem.

“Nojaholo het die vier na bewering met die moord gehelp deur aan hulle vervoer en blyplek te gee en aan te dui waar Dastile gaan wees net voor hy vermoor is,” sê Mgolodela.

Nojaholo sal na verwagting op 30 September weer in die hof verskyn.

Die polisie is intussen steeds op die spoor van die vier aanvallers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blomme ·

Ai… Hoe siek gaan die mense in ons land nog word? Dis pateties verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.