Man agter tralies wat roofkykers glo help

(Argieffoto: Chris Ried/Unsplash)

Die polisie, in samewerking met die MultiChoice-groep (MCG), het in ʼn gesamentlike operasie in Kaapstad toegeslaan op ʼn man wat glo toestelle verkoop het waarmee mense onder meer onwettig na DStv kon kyk.

Die ondersoek het gevolg op ʼn wenk aan die Wes-Kaapse polisie oor die verkoop van die toestelle. Nie net kon mense daarmee na DStv kyk nie, hulle kon dit ook gebruik om na ander internasionale televisiekanale te kyk.

Irdeto, ʼn filiaal van MCG met 50 jaar ervaring in kuberveiligheid, het tydens die ondersoek nou saam met die polisie gewerk. Dit het eindelik gelei tot die inhegtenisneming van die man. Daar is ook beslag gelê op ʼn hele aantal roofkyktoestelle en bedienertoerusting.

Die man het Donderdag in die hof verskyn en is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak teen hom is tot Februarie uitgestel.

“Ons is trots dat ons die polisie met dié belangrike ondersoek en inhegtenisneming kon ondersteun,” het Joe Heshu, uitvoerende hoof van korporatiewe sake by MCG, gesê.

“Die verspreiding van inhoud is ʼn groeiende probleem en het die afgelope paar jaar na vore getree as een van die grootste vorme van roofkyk, veral wat betref regstreekse uitsendings soos hoëprofiel-sportbyeenkomste.”

In Suid-Afrika is dit ingevolge wetgewing onwettig om inhoud aan ʼn ander persoon te verskaf sonder die toestemming van die kopiereghouer of eienaar van die betrokke inhoud.

DStv (Foto verskaf)

“Inhouddiefstal het ʼn volskaalse kriminele onderneming geword. Dit verskaf onwettige intekenings wat meeding met gevestigde operateurs en optrede soos dié is baie belangrik in die stryd teen roofkyk,” het Frikkie Jonker, direkteur van kuberveiligheid by Irdeto, gesê.

“Om roofkyk doeltreffend te bekamp, moet die eienaars van inhoud, operateurs en diensverskaffers staatmaak op die jongste tegnologie om die oorsprong daarvan te bepaal en dit onmiddellik te laat sluit.”

Volgens die polisie is nog inhegtenisnemings op hande terwyl hulle fokus op ander soortgelyke roofkykbedrywighede in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Wielspore ·

Ten spyte daarvan dat ons WiFi by die huis ‘n pw het kry ek onbekende verbruikers wat data gebruik. Dan verander ons weer die pw.

Tom ·

Gebruik MAC adres filtering. Dan kan geen ongemagtige gebruik plaasving nie.

Ansie ·

Dstv se monopolie kom in elk geval nou hopelik tot n einde met hul swak kanaalkeuses en Netflix wat hul pakslae gee. Nie veel simpatie met hulle nie, hetsy tov roofkykers of verminderde subskripsies. Dink polisie mannekrag kan ook beter aangewend word

GR ·

Multichoice het die monopolie so hulle kan vra net wat hulle wil en die kykers moet maar betaal en dan is ditnnoonop herhaal en herhaling van dieselfde programme en dan verander hulle soos nou onlangs en pensioenarisse kan nie eers die goedkoper pakkette bekostig nie klomp………..

Judge Dredd ·

Roofkyk sal ‘n mindere probleem wees as maatskappye se monopoliee beeindig word. Ne Monochoice?

Swannie ·

So MCG het al 50 jaar ervaring in kuberveiligheid ?

Sjoe, Wonder in watter land was hulle bedrywig wat al so lank internet het.

JSO ·

@Swannie. Gaan lees weer. IRDETO het 50 jaar ondervinding in kuberveiligheid. Net omdat jou wêreldjie klein en beperk is beteken dit nie almal sn is nie.

Piet ·

Swannie – die seker die 100 ouens wat daar werk elkeen met 6 maande se ondervinding.

Boertjie ·

Hi @Swannie,
Volgens wat ek kon sien, die volgende:
IRDETO was founded in 1969, Dordrecht, Netherlands

K P ·

Jammer ek het die man nie ontmoet voor sy inhegtenisneming. Ek moes dstv laat afsit want dit het te duur geword. Afrikaanse kyker moet mos duurste pakket betaal.

Tom ·

The origins of the Internet date back to research commissioned by the federal government of the United States in the 1960s to build robust, fault-tolerant communication with computer networks.[1] The primary precursor network, the ARPANET, initially served as a backbone for interconnection of regional academic and military networks in the 1980s. The funding of the National Science Foundation Network as a new backbone in the 1980s, as well as private funding for other commercial extensions, led to worldwide participation in the development of new networking technologies, and the merger of many networks.[2] The linking of commercial networks and enterprises by the early 1990s marked the beginning of the transition to the modern Internet,[3] and generated a sustained exponential growth as generations of institutional, personal, and mobile computers were connected to the network. Although the Internet was widely used by academia since the 1980s, commercialization incorporated its services and technologies into virtually every aspect of modern life.

Nie ‘n manier dat hulle 50 jaar se ondervinding het nie. Die Internet is nie eens so oud nie. ARPANET was deur die Amerikaanse weermag ontwerp en was dus nie oop vir algemene gebruik nie.

Stof ·

Is dit ook roofkyk as die kunsgallery per abuis van sy gordyne oopgelos het, en ek so in die verbystap, sonder om toegang te betaal, ‘n paar kunswerke sien?

Neels ·

Dit is seket ook roofkyk as ek op my balkon sit en die bure s tv is aan en en kan dit sien ????????

Peet ·

Kan nie vestaan. Kan roof krag gebruikers nie ook so maklik opgespoor en gestraf word nie – kry hulle net eers.
Die ou “spoil” Multichoice se bottomline. Die kragskandaal (al wat dit is) befoeter ons land.

Jaco ·

Jammer het geen simpatie met DSTV, word hulle aangekla vir herhalings die hele tyd. N jaar sonder DSTV die eerste maand was erg maar nou voel ek dit nie meer. Het dit altyd gehad vir spirt maar die is nou so polities stream nou Heineken beker, baie beter as die plaaslikke getjommel

James ·

Maar dat net n handvol tv lisensies betaal en gedreig word met hof as jy laat betaal is okey. Plaas hulle orals seker maak almal betaal tv lisensies. Want as jy mos nie tv lisensie betaal nie is dit ook roofkyk?

Shortjie ·

Jy betaal net tv lisensie as jy n tv het. Kan DSTV deur jou laptop/komputer kyk en dan hoef jy nie lisensie te betaal nie. Ek kyk al jare DSTV deur oorhoofse projekter met skerm teen muur. Betaal al jare nie meer tv lisensie nie. TV lisensie is net betaalbaar vir toestel met ingeboude ontvanger om seine optevang.

pieter ·

Rerig baie desperate mense gewees as hul DSTV kyk.Seker ook nie lank gekyk nie dan het jy alles gesien.As jy n maand later kyk kan jy dieselfde programme wee kyk.

Anti Da ·

Baie waar, selde tjol oor en oor. Praat nou van ander mense, ek het lankal nie meer n tv nie. Youtube maar.

@Anti Da ·

Jy praat. Uncapped internet en ‘n billikke rekenaar plus Youtube en jy hoef nooit, ooit weer enigiets twee keer te kyk nie. (Behalwe as JY wil). Daar is letterlik genoeg inhoud om jou 24 uur/dag besig te hou, sonder herhalings, vir die res van jou lewe. Nooit weer satelliet TV vir ons nie.

Pieter ·

Stem saam ons moet betaal om als oor en oor te kyk en die groot mnr betaal vyf honderd duisend rand net om aan die selfde tafel as ou cr te sit

Marius ·

Ek dink die polisie kan met dieselfde passie die roof kragverbruikers se drade verwyder. Dstv het genoeg geld gemaak en seen ons met herhalings tot in die afgrond.

Joe ·

Van al die probleme in die la.d en dstv kry voorkeer. Wie gee regtig om?

Foxi ·

Krag roof gebruikers kom weg vir jare en jare. Wat is nou die verskil tussen dstv ensv.
En ja…my kommentaar sal seker nie geplaas word nie. FEITE…..

marous ·

Poging tot moord as jy die twak aan andere wil afvee …. verniet ook .

Sdl ·

Wie is die persoon wat roofkykers help. Wie is roofkykers. DSTV wat is roof kykers van julle uitsending? As ek by bure se venster sit en pirates en chiefs kyk. Wie roof ek?

Marc Jacobs ·

Miskien as Multichoice sy buitensporige tariewe hersien wat lankal nie meer waarde vir geld is nie, sal dit nie gebeur nie.

Realis Thailand ·

Hier het ek pulse_tv.net en betaal daarvoor R400 per maand en het oor die 300 kanale in en You Tube en Kodi om na kanale te soek.Het al die DSTV Kanale behalwe Kyk net wat ek op YT kyk. Kyk op vele kanale in 4K agv die internet LAN kabel wat ek gebruik
Het inet vesel teen 200/200 op en af teen R302 Uncapped pm per kan tot 1 Gb per sekond kry teen R750 pm geen mens het dit nodig nie.
Wat ek wou se ek ken n ou wie de coders “reghelp” teen R2000 en dan kyk jy maar soveel dstv as wat jy wil gratis DSTV moet maar soek na hom.
Het al vir die afgelope 40 jaar nie TV lisensie betaal en stel toe nou die dag vas by sauk, toe ek verveeld was, het my nie op rekord.
Daar is IPTV wie mense op kan inteken vir so min as ses Euro per maand en dan het jy 3500 kanale
Moet net n goeie spoed he so 10 Mbps.
Kry volgende jaar 5G hier as ek dit wil he teen 2Gbps en teen R10 per dag uncapped op my selfoon en dit word daagliks afgetrek van my voorafbetaalde foon
Los aub my kommentaar vir n slag

magda ·

yip DSTV – what goes around comes around – lankal nie meer n lid van julle nie en beste skuif ooit. Netflix – Showmax – Wifi en ek kyk die sport / alle programme wat ek op DSTV gekyk het kan ek nou kyk met net Wifi betaling elke maand, en dan het ek nog data op ons selfone ook vir die hele maand. 1 paaiement wat alles insluit en nie 1ste week programme en die 3 ander weke vd maand “alewige herhalings” voel nie eers jammer vir julle nie.

Willie ·

Areme mense wat betaal het, het agtergekom dis net heruisendings!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.