Man, baba sterf in ongeluk waar trok glo wegjaag

Die taxi se wrak. Foto: Netcare 911

Die taxi se wrak. Foto: Netcare 911

ʼn Man en ʼn twee maande oue baba is Woensdagaand dood in ʼn ongeluk op die N3-Noord naby Harrismith in die Vrystaat.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici omstreeks 22:50 na die ongeluk, sowat 2 km buite die dorp, ontbied.

“ʼn Minibustaxi se wrak is op die toneel aangetref. Die voertuig was in twee geskeur en daar was geen ander voertuig op die toneel nie. Daar word bespiegel dat die taxi moontlik deur ʼn vragmotor getref is,” het Botha gesê.

Die bestuurder van die taxi en die baba was reeds dood toe hulle deur paramedici ondersoek is. Tien passasiers het beserings opgedoen wat strek van matig tot ernstig. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal op Harrismith geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Richard ·

As ‘n trok ‘n voertuig tref en sulke skade is gedoen. Daar is geen manier dat die trok nog sal kan ry.

Trokke het ook “crumple zone.”

Dalk het die taxi iets anders getref. Boom, barrier, stuk staal wat van trok afgeval het.

Semanet ·

Ja alweer ‘n taxi en kan jy glo…hulle wil die ongeluk ondersoek…regtig? Taxi’s is die groot probleem op die paaie……..

Johnny ·

Die vragmotors is erg roekeloos op die N3. Ek was nou die dag langs een toe dit bloot van baan begin verwissel na my kant toe. Gelukkig vir ABS en geen motors in aankomende baan op daardie oomblik…

F ·

So reg Johnny. In daardie omgewing, veral die pad van Villiers na Vrede ry vragmotors nes hulle wil. Gaan jy by hom verby, wag hy net tot jy langs hom is en dan kom hy oor in jou baan. Ek swets vreeslik maar hy kan my mos nie hoor nie. Maak net my vrou kwaad as ek hom so vloek.

Oosie ·

‘n Mens hoef maar net na die wrakke van voertuie te kyk om te besef dat buitengewone spoed in bykans al die ongelukke ‘n rol speel.

Verseker ·

Hoekom vra die polisie nie die 10 passasiers van die taxi wat gebeur het nie??? Of die bestuurder het miskien iets verkeerd gedoen en nou weet niemand wat gebeur het nie!!! Eish

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.