Man, baba sterf toe motor rol

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man en ʼn baba is Maandagaand dood nadat hulle albei uit ʼn motor geslinger is toe die voertuig op die N14 naby Brandvlei in die weste van Johannesburg gerol het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die wrak van die motor is omstreeks 22:00 in die middel van die pad aangetref met twee mans en ʼn vrou in die voertuig vasgekeer.

“Dit blyk dat die voertuig verskeie kere gerol het en die baba en man uit die voertuig geslinger is. Albei is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê. Volgens Vermaak is die baba ongeveer vier maande oud.

“Die mense wat in die motor vasgekeer is, het verskillende beserings opgedoen, van skrape en kneusplekke tot moontlike rug- en nekbeserings. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na die Carletonville-hospitaal geneem is.”

Vermaak het gesê volgens die insittendes in die motor het die bestuurder van die voertuig die toneel verlaat voordat nooddienste opgedaag het. Dit is nie duidelik of hy enige beserings opgedoen het nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Yolandi ·

Dit beteken die baba was nie in n stoeltjie nie…. waar sou die stoeltjie plek gehad het in n motor waar daar 4 passesiers in was? So onverantwoordelik…. Kinders kan nie vir hulle self dink of praat nie! Jy as ouer moet die verantwoordlike een wees….

Cheryl ·

Dis baie tragies wat gebeur het, ken die man wat oorlede is… Dis die eienaar van Van Der Stell’s Restaurant in Pretoria Tuine se seun wat oorlede is. Innige simpatie met sy familie. Yolandi dis 5 volwasse mense gewees as jy mooi gaan Lees…die man wat uitgeslinger is die 2mans wat vasgekeer was en die vrou wat ook vasgekeer was….Dan die bestuurder wat gevlug het van die toneel. Nie temin dit wat gebeur het is hartverskeerend kom ons hou ons klip gooiery vir ons self en spekuleer nie oor wat gebeur het nie. N ongeluk is n ongeluk…. Sterkte

debbie ·

Ek stem saam met jou Cheryl dis n baie hartseer tyd vir almal.

Karma ·

@Cheryl – ek stem, dit is ‘n baie hartseer tyd vir almal met die afsterwe van ‘n man en onskuldige baba en ons weet nie wat gebeur het nie – dalk het ‘n band gebars of het die bestuurder vir iets/iemand in die pad uitgeswaai. MAAR … die sterftes kon voorkom en die beserings beperk gewees het indien ALMAL HUL SITPLEKGORDELS GEDRA HET EN DIE BABA IN ‘N MOTORSTOELTJIE VASGEMAAK WAS. Simpatie en medelye aan die vriende, familie en kollegas van die oorledene en die ouers van die babatjie.

Stephne ·

Ek is jammer maar hier gaan ek Yolandi se part vat. Dit is baie jammer dat daar mense betrokke is wat geken word, maar iewers in daai voertuig moes verantwoordelikheid begin het en aangesien twee mense uit die voertuig gegooi is laat my weet dat sitplek gordels nie eens in gedagte gehou is nie. Dis die mense wat agter bly wat vir die onverantwoordelike persone se dom besluite moet betaal, en ‘n kind van vier maande moes vas wees. Dis ten minste sy ouers se verantwoordelikheid om dit te verseker. As jy nie ‘n kar stoeltjie kan bekostig nie dan kan jy nie ‘n kind bekostig nie. Dink asb aan die medici en die polisie wat die toneel moes bywoon wat daai klein liggaampie moes gaan optel, hoe hierdie kind se dood hulle affekteer op die toneel en na die toneel tuis. Dit is nie altyd die mense wat betrokke is of wat iemand aan die dood moes afstaan wat geaffekteer word nie. Ek weet dat niemand die ongeluk gaan soek het nie, maar dit moet altyd in gedagte gehou word wanneer jy agter die stuurwiel inklim en sitplek gordels dra het al in “Arrive Alive” se advertensies begin toe ons almal nog kinders was.

Vixie ·

Stephne, ek stem 100% saam. Daar gaan nie ‘n insident verby waar ek iewers heen ry wat ek nie ‘n kar sal sien met ‘n kind wat nie in ‘n stoeltjie is of ‘n sitplekgordel dra nie. Kleuters staan tussen die twee sitplekke of babas sit op die ma se skoot voor in die kar. En hierdie mense is die eens wat die heel hardste gaan tjank op hierdie kinders se begrafnis indien hulle in ‘n ongeluk omkom. Ek het absoluut geen simpatie met so ‘n ouer nie. Almal ken die gevare en as hulle kies om dit nie in ag te neem nie, is dit te laat vir trane wanneer daardie wit kissie voor in die kerk staan

D ·

Stephne en Yolandi, miskien moet jul jul bepaal by jul eie dinge en versigtig wees vir wat jul se, siende die gereg baie streng is. Hopelik kan jul bewys dat die wilde aantuigings van julle die waarheid is. Lekker dag vir almal

Karma ·

@D – nòg Stephne nóg Yolande het enige ‘aantygings’ teenoor enige persoon gemaak. Hulle mag miskien nie die feite hê nie, maar hulle het in die algemeen kommentaar gelewer, wat hul vrye reg is. En hulle het ‘common sense’ gepraat.

Alien ·

Ek kan ook nie anders om saam te stem nie. Kar was oorlaai en ‘n kind was nie vas nie. My eerste kind se stoeltjie was 2de hands maar sy het een gehad!! As dit bloot ‘n ongeluk was, hoekom het die bestuurder pad gevat???

Cherokee ·

So D, volgens jou is dit ‘n wetsoortreding om op padgevare te wys “want die wet is baie streng”. Verwys asseblief na die ‘wide aantuigings’ wat gemaak is. Wat het hulle gesê wat nie die waarheid is nie? Dit was voorwaar nie ‘n slim kommentaar nie.

Cheryl ·

Dis goed en wel almal is geregtig op hul eie opinie en kommentaar maar wane gaan ons mensies leer om nie so ongevoelig te wees nie, ons was nie daar nie ons weet nie wat gebeur het nie… Almal hier Bo wat so so vinnig hul mening gee oor die arme babatjie wat nie in n kar stoeltjie was nie… Ja dis DALK waar maar hoe weet ons nie dis al opsie wat die mense gehad het nie DALK niemand gehad wat kan omsien na die babatjie nie en moes hul ha saam vat en tenminste self omgesien na hul eie kind en wel VERANTWOORDELIKHEID AS OUERS na gekom het. Mense asb somtyds het mens nie n keuse nie en somtyds maak mens verkeerde keuse en so leer mens daar uit. N Jong man se lewe is verby hy laat sy ouers en broer agter…. N babatjie se lewe is verby dis tragies kom ons wens hul almal sterkte toe… God het sy pragtige blommetjies kom pluk..

Charlotte ·

RIV Dean en baba…. hoekom sou die bestuurder dan nou weg loop voor die mediese mense daar is hoekom is daar nog geen inligting verder behalwe dieselfde verslag sedert die ongeluk?

ND ·

Al daaraan gedink dat die bestuurder dalk gedrink het en oor sy limit was en dit die rede was dat hy die pad gevat het…. Noem dit maar net want hoekom anders het hy weggevlug van die toneel af.

Liezel ·

My boetie was by daai ongeluk betrokke hy is die een wat in die motor vas gekeer was saam die vrou hy is darm oraait het sy rug beseer wag nog vir doktor om finale uit slag tegee my hart gaan uit na die mense se family wat oorlede is

Charlotte ·

Liezel. wa is die ander man wat ook vas gekeer was volgens die berig was 3 insittendes vasgekeer 2 mans en n vrou?

Cheryl ·

Sal ook graag wil weet Charlotte.. Jy is reg 2mans en vrou was vasgekeer die bestuurder is weg van die toneel ek dink almal het baie vrae oor die man wat weg geloop het van die toneel.
Maroela Media hoop jul doen n opvolg van die berig asb. Dan net n regstelling dit was nie n 4 maande baba nie maar wel n 2jarige gewees wat ook oorlede is.

Anelda Grundling ·

Goeie dag.

Ek en my vriend het daardie aand van die 3de Oktober omstreeks 21:10 op die ongelukstoneel afgekom, ons was die eerste mense op die toneel, dit moes enkele oomblikke gebeur het net voordat ons daar gestop het. My vriend het dadelik uitgeklim en met die bestuurder van die voertuig gepraat – hy het ons gevra om die ambulans te bel, hy het ‘n baie ernstige kop besering gehad en was vreeslik paniekerig en deurmekaar. HY HET NIE GEVLUG NIE, HY HET HULP GAAN SOEK. Ons het by die passasiers gebly totdat die ambulans arriveer het.

Dit is so tragies en teleurstellend om daagliks nuusberigte met valse inligting oor die ongeluk te lees, om nie eers te praat van individue wat hulle eie gevolgtrekking oor die gebeure van daardie aaklige nag op sosiale media maak nie. EK WAS DAAR.

Hiermee rig ek ‘n versoek aan alle lesers wat moontlik die passasiers se kontak inligting het, vir my persoonlik sal kontak of hulle besonderhede sal aanstuur. Ek en my vriend wil bitter graag vir die mense gaan kuier en ons hulp, simpatie en ondersteuning bied waar ons kan. Ek probeer al so lank om hulle in die hande te kry, maar nog niks het opgelewer nie.

Anelda Grundling ·

Hi there.

My friend and I arrived at the scene just moments after the accident, he called the ambulance and I immediately helped the rest of the passengers to safety, also offered some water and blankets. I WAS THERE, I experienced every single moment first hand, and it so incredibly upsetting to read all the false facts about the incident in the news.

The driver’s intention wasn’t to flee the scene, he had a very serious head injury and left TO LOOK FOR HELP. I personally spoke to him right before he “fled”.

I have been trying to reach out to the family ever since, but had no luck in finding them. Please, if anyone can refer me to someone who might have their names or cellphone numbers, it would be greatly appreciated. I would love to visit them and offer any kind of support or care needed.

Thanks in advance.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.