Man beboet vir aborsie-plakkate

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

ʼn 26-jarige man is Woensdag in Johannesburg ʼn boete opgelê oor plakkate wat dienste vir onwettige aborsies adverteer.

“Die man het die plakkate by die Baragwanath-taxistaanplek opgeplak,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie gesê. “Die aborsies kos R350 per persoon.”

Die man is ʼn boete van R15 000 opgelê. “Indien hy versuim om die boete te betaal sal ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik kword,” het Minnaar bygevoeg. “Polisiebeamptes weet presies waar die man bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Griet ·

Sy baas betaal die boete met graagte, die beste publisiteit waarvoor hulle kon hoop. Nemand sprak ‘n sprook oor wat met die eienaar van die aborsie kliniek gaan gebeur nie…… ‘n geval van “Shoot the messenger”?

pop ·

Los die kliniek, te veel kinders in hierdie wereld wat op straat sit en honger ly. Dis baie meer wreed as n aborsie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.