Man beboet vir hotelbedrog

Rockwell Suite Hotel and Apartments in Kaapstad

Rockwell Suite Hotel and Apartments in Kaapstad

ʼn Man is Dinsdag gevonnis nadat hy ʼn hotelrekening van R10 320 met ʼn gekloonde bankkaart probeer betaal het.

Siyasanga Miya (31) van Gugulethu het in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn. Miya is met R10 000 beboet of drie maande tronkstraf. Sy het ook bepaal dat die toestel aan die staat afgestaan en vernietig moet word.

Dit is onwettig om ʼn toestel te besit wat bankkaarte kan kloon. Miya is bykomend tot die boete ook 12 maande tronkstraf opgelê wat voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.

Hy is op sewe oortredings van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, een aanklag van bedrog en een van die besit van die toestel gevonnis. Hy is op aanklag van bedrog tronkstraf van vyf jaar gevonnis wat voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.

Miya het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Volgens die klagstaat het Miya en ʼn vriend, Songezo Poswa, het ʼn kamer by die Rockwell Suite Hotel and Apartments in Kaapstad se middestad bespreek vir 29 Mei tot 4 Junie 2013. Toe Miya egter die rekening met die gekloonde bankkaart wou betaal, is die bestuur van die hotel deur die regmatige eienaar van die kaart oor die bedrog in kennis gestel. Die polisie is ontbied en Miya en sy vriend was steeds by die hotel. Die polisie het ook vier Pick n Pay-kaarte, ʼn aantal Clicks-geskenkkaarte, ʼn Checkers-geskenkkaart en ʼn Spec Savers-kaart in Miya se motor opgespoor.

Die polisie het ook die toestel opgespoor, ʼn embosseringsmasjien wat die syfers en letters van ʼn krediet- of debietkaart kan afdruk en ʼn masjien wat die elektroniese data van die magneetstrokie kan oordra. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.