Man bedenklik ná skietery by binnelandse sake-kantoor

(Argieffoto: ER24)

Die nooddiens ER24 sê ʼn man is in ʼn bedenklike toestand ná ʼn skietery by ʼn kantoor van binnelandse sake in Randburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die polisie was reeds op die toneel toe paramedici omstreeks 13:30 by die kantoor aangekom het.

Hy is aanvanklik op die toneel behandel en onder die toesig van die polisie na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Die omstandighede rakende die skietery was in daardie stadium nie bekend nie, maar die owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek,” het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.