Man bedrieg motorhandelaars met R1,6 miljoen

Arthur Moyo (Foto verskaf deur die Valke)

Arthur Moyo (32) van Zimbabwe is Vrydag in die Middelburg-streekhof in Mpumalanga skuldig bevind en gevonnis vir meer as R1,6 miljoen se bedrog.

Kapt. Dineo  Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Moyo is skuldig bevind op vier aanklagte van bedrog en een aanklag van oortreding van die Wet op Identifikasie. Hy is tot 23 jaar tronkstraf gevonnis, maar die hof het beslis dat hy effektief slegs 15 jaar sal uitdien.

“Moyo het na Nel Auto Mazda Witbank en Ford in Nelspruit gegaan en vervalste bankstate, salarisstrokies en ʼn vervalste ID-dokument gebruik om in November 2017 aansoek te doen vir voertuigfinansiering. Ná die aansoeke goedgekeur is, het hy die genoemde voertuie in ontvangs geneem.”

Hy het dieselfde modus operandi gebruik by Klerksdorp Motor Smart op 17 November 2016, by Polokwane Galactic Auto in Januarie 2017 en by Leons Rustenburg Ford, ook in Januarie 2017. Die totale waarde van verliese wat die banke gely het beloop meer as R1,6 miljoen.

Genl.maj. Zodwa Mokoena, provinsiale hoof van die Valke, het die vonnis verwelkom. Sy het die ondersoekspan geloof dat hulle ʼn suksesvolle vervolging kon bewerkstellig in al die provinsies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Friedrich ·

Hoekom sit hy nie die volle tyd nie? Hy is seker na 6vmaande weer uit om Suid Afrikaners verder te bevoeter. PATETIES

Werner ·

Stuur hom waar hy Vandana kom nou wil hy ons Kos kom verniet eet hy hoort in sy die land vonnis uittedien

Janice ·

Daar is ook ‘n man wat dieselfde modus operandi in die Vrystaat en Noord Kaap volg. Die polisie is bewus van hom en daar is ‘n moontlikheid laat hy hulp het met die bekom van die bankstate, ens.

Buck ·

Asof ons nie genoeg kriminele van ons eie het nie. Van hoe vlak tot op straatvlak

andre ·

MM na aanleiding van die opskrif, moet dit nie lees dat banke bedrieg is nie? Nie die motorhandelaars nie, die motor handelaars het hulle geld gekry van die banke af. Dis die banke se verlies. Die berig lees reg, help my reg as ek verkeerd is, of verkeerd verstaan het.

Winnie ·

Andre as die klient deur die handelaar se F&I opgeteken is en daar is bewyse dat daar ooglopende tekens was wat die bedrog kon voorkom het en dis misgekyk kan die banke die handelaar verantwoordelik hou en hulle skade verhaal. Mens moet na die hele prentjie kyk. Ons weet nie wat die omstandighede was nie. Onthou daai skelms is baie uitgeslape en seepglad

Blomme ·

Hoe het hy in die eerste plek hier beland? Geen beheer oor wie die land inkom nie.

Cindy ·

dis interessant hoe sekere mense dit regkry om banke en/of motorhandelaars so te swendel. Ons as maatskappy, wat 3 voertuie by DIESELFDE bank finansier, moes behoorlik deur hoops spring om ‘n vierde voertuig te finansier by daai einste selfde bank. Is dit ook ‘n BBBEE ding of wat?

AH ·

Ek weet waarvan jy praat Cindy! Dit is seker maar ‘n BBBEE ding want ons, met ‘n wettige klein besigheid, moes ook alles omtrent die maatskappy se verlede, hede en toekoms bekend maak voordat finansiering oorweeg is…Die banke het ons omtrent soos scamsters laat voel met hul houding al het hulle al die finansiële verslae, bewyse van inkomste ens gehad. Ek sou dink dit is makliker vir sommige mense………

Caroline ·

How did he manage to get these bank statements, salary slips and how come the vehicle dealers didn’t check his credentials before selling these vehicles to the fraudster. Good question

Sêmanet ·

Vertel nt bietjie vir my ook hoe mense kan regkom en wegkom met so iets? Want ek dink nog net aan die tipe kar wat ek graag wil hê dan sal hul my al vang. Want ek sal nie eens weet hoe om te werk te gaan nie? Hoe kry diewe dit reg.????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.