Man bedrieg POF glo uit miljoene

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 56-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy die Padongelukkefonds (POF) glo uit meer as R6 miljoen bedrieg het.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê Ebrahim Mohamed het glo ʼn vals eis by die POF ingedien waarna die geld aan hom uitbetaal is.

“Hy het beweer dat hy ernstige beserings in ʼn motorongeluk opgedoen het en gevolglik ʼn parapleeg is. Die Valke het op inligting wat hulle ontvang het gereageer en ondersoek begin instel,” het Mhlongo gesê.

Mohamed het Maandag vlugtig in die handelshof in Durban verskyn. Die saak is tot 21 Augustus uitgestel wanneer Mohamed glo om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Basjan ·

Hierdie is maar net één wat uitgevang is. Daar loop nog baie ander gewetenlose skurke daarbuite wat nie uitgevang is nie.

CAROL ·

Basjan ek stem. Maar dis maklik as jy maats het wat in die (POF) werk. Sal mos n “cut” kry van die uitbetaling!!!!

marous ·

En die verliese word verhaal deur brandstof heffings waarvoor ons moet betaal. Geen wonder die land is by rommelstatus verby nie.

Hahahah ·

Gumtas gaan hom skker weer n stok voor dit steek want is mos n Ebrahim Mohamed wonder maar net

Chris Ws ·

En my vrou se R1,5 miloen uitbetaling na ALLES wat gevra was wetlik korek afgehandel is (na 4 jaar) terwyl sy niks vir haarself meer kan doen na die ongeluk nie ,is nog net op papier.Die hemel weet hoe lank sy nog moet wag.Die rente op haar geld alleen beloop al R200,000.

Pieter ·

My pa was 4 jaar in n stoel, en nou al 8 jaar in die graf, en POF betaal nou-nog sy eis uit.

Meisie ·

Dis n jammer hy is ytgevang. Moet my nie verkeerd verstaan ek stem nie saam met die bedrog maar net die feit dat mense wat dit toekom dit nie kan kry. die fonds kan hulle maar toemaak want dit beteken vir niemand niks.

jack daniel ·

Volgens News24 makeer Mohamed niks alhoewel hy, volgens sy prok na die ongeluk in 2002, deur 20 dokters ondersoek is en paraplegies verklaar is. Hy was a oud polisieman.

Neilia ·

Ja en mense soos my man wat deur n dronk roekelose bestuurder amper sy lewe gekos het ,hy het van toneel gevlug en sy kar vinnig verwyder nadat hy aan verkeersbeampte erken het dat hy skuldig was,na n saak van hit and run geopen is het hy absoluut niks oor gekom . Nou moet my man suffer .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.