Man beëindig liefdesdriehoek tragies, sê polisie

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Vermeende liefdesdriehoek het in ʼn treurspel ontaard toe ʼn man glo sy vriendin en haar beweerde minnaar doodgeskiet het en toe selfmoord gepleeg het.

Ao. Mothemane Malefo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Seshego naby Polokwane in Limpopo plaasgevind. Volgens Malefo het ʼn man Donderdag sy vriendin betrap met ʼn ander man in haar huis.

Volgens Malefo het die man die volgende oggend sy vriendin en haar beweerde minnaar doodgeskiet waarna hy selfmoord gepleeg het. Die man het haar glo gevra om te kies tussen hom en die ander man.

Malefo het gesê die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra al hul naasbestaandes in kennis gestel is. Hy het gesê twee sake van moord word ondersoek en dat ʼn geregtelike doodsondersoek geopen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JanKarsten ·

Hel die polisie is goed. Al drie is oorlede en die man het glo vir die vrou gese om te kies. Malefo is baie goed, kan seker met die dooies kommunikeer.

EkWonder ·

Soos vrouens doen het sy waarskynlik vir n vriendin gesê hy het haar gevra om te kies. Sy is eers die volgende oggend doodgeskiet.

Regtig, sommige mense wil ook net altyd iets te sê hê sonder om te dink wat hulle sê

Dee ·

Ag jong, jou kommentaar is nou nie so wêreldskuddend soos jy dit graag sou wou sien. Die opinies hier gelewer is basies steeds net dit – opinies. As jy nie daarvan hou soos jy dit lees en waarborge sou wou hê lees jy verkeerde plek.

Dee ·

Jan Karstens, ek het jou eers geantwoord en toè die ander menings gelees. My mening word ooglopend gedeel dat jy sal moet wakker word.

Sarie ·

Hy het hulle nie geskiet toe hy hulle sààm betrap het nie. Hy het hulle eers die volgende oggend geskiet. Dis moontlik dat hy haar gevra het om te kies & sy toe die ànder man gekies het. Hy was moontlik onbewapen & is toe daar weg. Die gebeure het seker òòr & òòr in sy gedagtes afgespeel & hy het dit miskien aan iemand genoem. Hy het dalk ‘n drankie of 6 deur die nag gedrink & is die volgende oggend goed gesool & vreeslik “opgecharge”, mèt ‘n vuurwapen terug na haar huis toe; & die res is geskiedenis… Dis maar èèn moontlikheid & èk glo daar was vele meer…

Johannes ·

Dalk is ek dom, maar hoe ondersoek mens ‘n saak van moord as die verdagte (in die geval: geïdentifiseerde misdadiger) selfmoord gepleeg het?
Behalwe as hy “hulp” (buiten die vermoedelike drankies) gehaad het..

talitha ·

Dis deesdae asof mense baie makliker moor. Is dit omdat die doodstraf weggeneem is?
Ek wil dink moord was vaie minder in die goeie oue tyd…
Maar ween evolusie wat kinders nou geleer word is n mens mis maar soos n wurm of n slak, daar is dan nougeen hiernamaals nie en n mens vrek maar soos n vark. Dis mos wat die slim mense ons kinders leer!

Eish! ·

Hoekom is dit so maklik om deesdae moord te pleeg?
Ek het nou so bietjie gedink oor dit. My antw sal wees. 1. Die doodstraf wat weg is. Jy weet al gebeur wat dat jy nie met die dfood gestraf sal word nie. 2. Ons lewensomstandighede. Ekskuus wat is erg aan gevangenisstraf? Daar hoef ek gladnie te warry omdat ek nie werk kry nie, elke aand ‘n dak oor my kop en kos. 3. Watse toekoms is vir ons vorentoe? Rerig ek kan niks vir niemand beteken nie, want ek is blank. Ek is volgens die staat niks werd. Kom nie eens in aanmerking vir die laagste werk in ons land nie.
Vir my is die antwoord opgesom: In ons land is daar niks om voor te lewe nie. Korrupsie, werkloosheid en vernering elke dag. Waarom sal ek nie in die tronk wil gaan sit nie?
Dink mooi………..’n gevangene/krimineel het ‘n beter lewe as ons wat die wet prober gehoorsaam.
‘n Gevangene, het hospitalisasie en medies en word gehelp. Hy het elke dag kos, en slaapplek. Hy kan geleerdheid kry. Hy kan in die aande le en TV kyk, DSTV, radio luister ens. Hy kan veilig sy kop neerle en slap. Niemand wat hom wreed gaan wil vermoor vir lekker nie.
Ek wat buite is moet in ‘n ry gaan sit vir medies en gehelp word as die staat se amptenare so voel. Ek kan nie ‘n tv bekostig nie, ek het nie werk en het nie ‘n salaris en het nie kos of veilige slaapplek nie. Kan nie eens krag bekostig vir ‘n radio of warm water nie. Jy moet self prober veilig wees en weet hul kan enige tyd in die nag jou wreed kom vermoor, verkrag en aanrand vir lekker.
Kyk na alles en besluit dan hoekom voel die mens dat sy eie lewe nie eens meer iets werd is nie.
Daarom is dit nie so moeilik om moord te pleeg nie. As ek gevang word sal my lewe ten minste beter wees en ek finansieel versorg word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.