Man bel glo eksvriendin ná moord op haar ma

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 34-jarige man sal na verwagting Vrydag in die Lydenburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord op sy voormalige vriendin se ma.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê volgens die inligting tot die polisie se beskikking het die verdagte se voormalige vriendin ʼn beskermingsbevel teen hom aangevra wat verlede week aan hom beteken is.

Die verdagte is glo vroeg Woensdagoggend na ʼn plaas buite Lydenburg waar hy sy voormalige vriendin se ma, wat op pad werk toe was, voorgekeer het. “Die verdagte het glo die 51-jarige vrou aangeval, gewurg en met ’n piksteel geslaan tot sy dood is.”

Volgens Mohlala het die verdagte glo hierna die vrou se selfoon gevat en sy voormalige vriendin gebel. “Hy het glo vir haar gesê dat hy haar ma vermoor het en dat sy volgende aan die beurt is.”

Die polisie is na die toneel ontbied waar die ma se liggaam langs die pad gevind is. Die verdagte is kort hierna in hegtenis geneem terwyl hy in die rigting van Lydenburg geryloop het. Die verdagte word van moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa B ·

Dit is angswekkend hoe die mensdom al hoe meer en meer hulle varkies verloor en as gevolg daarvan boet onskuldige mense met hulle lewe en op so wrede manier……………………..

CHRISTA ·

Dis nie ‘n kwessie van hulle varkies verloor nie – hulle weet hulle kom weg met moord in Suid-Afrika want dis een van ons land se nasionale sporte!!!

Manie ·

Dit wil voorkom asof die mense se morele waardes en standaarde verwoes word. Is dit nie tekenend van wat in ons land en regering aangaan nie?
Armoede, werkloosheid, diskriminasie, en onsekerheid is alles bydraende faktore tot die verval.
Geen leierskap en rigting aanwyding van die regering kan 90% van die blaam daarvoor kry.

DPJ ·

Wat ‘n tragedie. Mense lewens is niks werd desdae nie.
Simpatie met die afsterwe van ma.

Riaan ·

Kyk ek is nou nie lelik nie maar wie se die ma het nie in gemeng nie ek is al dadeur wa die ma besluite geneem het en my x weg is met die kind dat ek ha en ha ma an gerand het en ha geslaan het net om n interduk tekry en dat ek geweldadig is en 2 weke da na was sy in n verhouding met n ander ou sy se glo God het ha gese om dit tedoen. Wa in jou lewe? sy en ha ma het nie net my gebreuk nie maar my 2 jarige seun baie seer gekos hy het ha as n ma gesien die hof sal nie n kind in n pa se sorg plaas as hy geweldadig is nie ek het my dogtertie net 5 dae gesien en sy is nou al 6 maande oud n mens bou n haat teen so iemand op. Gelikug is ek een van daai wat weet die wiel draai en hul dag sal kom.

Dee ·

Dit is die probleem met die regstelsel in hierdie land. Waarom is jy vrygelaat?

Loon ·

Wat het van spelling geword?
Jy sê jy slaan aan vrouens om n indruk te maak? Wel dit werk nie want n lafaard slaan aan n vrou!

Gesiggie ·

Riaan,… kan jou haat verstaan, maar n mens maak nie iemand dood , omdat jy n wrok teenoor die persoon het? Daar is baie ander maniere om n probleem optelos” Ja skoon ma’s is geneig om altyd intemeng ? Maar die besluit op de einde van die dag is nog tussen jou en jou vrou” as jul trou … is dit jul twee, jy trou nie met die Ma?of skoon Ma. Ek voel jammer vir jou, omrede daar n kind betrokke is”’ en ja stem saam hoe kon sy so vinnig in n verhouding betrokke raak”’ Maar om geweldadig te wees het jou nou duur te staan gekom.. Ek hoop dat jy kan vergewe,.. terwille van jou kind.n mens mag nie Haat.. Die wiel sal draai.. En om terug te kom na die eintlikke storie.. Ek dink dat daar geen beheer meer is.. Moord is te maklik.. Jammer vir die Ma wat moes sterf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.