Man beland onder trekker se agterwiel

Argieffoto (Foto: markus53, Pixabay)

Argieffoto (Foto: markus53, Pixabay)

ʼn Plaaswerker het Woensdag ernstige beserings opgedoen nadat hy op ʼn plaas naby Krugersdorp in Gauteng onder ʼn trekker beland het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die werker was besig om die trekker te bestuur toe hy afgeval het en een van die agterwiele bo-oor hom is. “Paramedici is na die toneel ontbied en het dadelik noodbehandeling op die man toegepas,” het sy gesê.

“Hy het baie ernstige beserings opgedoen, maar noodpersoneel kon daarin slaag om hom te stabiliseer. Hy is per helikopter na ʼn hospitaal geneem.”

Mathe kon nie die ouderdom van die man bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Loon ·

Iets klink bietjie snaaks in die storie, as jy op n trekker se modderskerm sit terwyl een bestuur kan dit gebeur dat jy kan gly of val en onder die wiel beland, maar as jy self bestuur is jy mos veronderstel om op die sitplek te wees met jou hande op die stuurwiel…..

Peet Schabort ·

Heel moontlik het hy gestaan agter die stuur en skuins deur ‘n sloot of oor ‘n wal gery wat hom sy balans laat verloor het. Selfs by stadige trekkers gebeur ongelukke blitsvinnig. Ek vergelyk ‘n trekker met ‘n klimtol; die ding hou net aan met loop as jy beheer verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.