ʼn 29-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy ongeveer ses meter uit ʼn boom geval het en op ʼn palissade beland het.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê dié voorval het by ʼn huis in Valhalla in Pretoria plaasgevind.
“Toe paramedici op die toneel opgedaag het, het hulle die man in die tuin aangetref. Die man het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Van Huyssteen gesê.
Van Huyssteen het gesê die man is van die palissade bevry deur die Tshwane‑brandweerdienste en is daarna gestabiliseer en deur ER24 na die hospitaal vervoer.
Die man was glo besig om in die tuin te werk toe die ongeluk gebeur het.
Dit is nog nie bekend wat presies gebeur het nie.
Eina !!!
Ek is baie naby aan doodseker die man wou oor die heining kom om in te breek maar toe laat sy wiskunde of sy balans hom in die steek en die pallisadeheining gryp hom. Die blinde sambok is partykeer baie betyds en vat nie nonsens nie.
Die einaar van die “werker” het groot drama wat kom…
Hoe val jy 6m ver op palisade as jy tuinwerk doen Tensy jy die boom gebruik om in die erf te kom van buite af as I smell a rat
Sê ek ook Sean……
Ek dink hy was dalk besig om in die boom te werk, nie die tuin…
Dalk het hy takke gesaag of was hy nou hoog in die takke?
?
Hy is n tak bestuurder van die tuin
Kommentaar is alweer hillarious!!!
Ook al die geval gekry van vreemde werkers in die bure se tuin wat om die huis snuffel met die verskoning dat hulle daar werk. Enige regdenkende ou sal nie sy werker aansê om in boom langs die pallisades te gaan werk nie juis oor die gevaar daarvan.
Dit is glad nie ongewone situasie nie. My man het ook al op ‘n leer geklim en boomtakke afgesaag wat oor ons motorhuisdak hang en kragdrade kan beskadig as wind erg waai. Ons het ook pallisades heining en dit kon maklik met hom ook gebeur het. Gelukkig was hy slim genoeg om hom self te beskerm deur ‘n ankertou om hom te bind vir ingeval hy val.