Man beroof glo winkel met speelgoedgeweer

(Argieffoto: pixabay)

’n Man is Maandag in Durban in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n ander tak van die klerewinkel waar hy werk, met ’n speelgoedgeweer beroof het.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê ’n gewapende man het die personeellede van ’n klerewinkel by ’n winkelsentrum in Brighton Beach omstreeks 10:00 in die winkel oorval.

Die beweerde rower (27) het ’n vuurwapen op die personeellede gerig en die bestuurder van die winkel is gedwing om die kluis oop te maak. Die rower het kontant en selfone gebuit voordat hy doodluiters uit die winkel gestap het.

Die personeellede het die plaaslike polisie en veiligheidsbeamptes na die toneel ontbied en ’n soektog is na die rower gelas. Die man is later opgemerk, deursoek en in die besit van die gesteelde kontant en ’n speelgoedgeweer gevind.

’n Ondersoek het intussen aan die lig gebring dat die verdagte werksaam is by ’n ander tak van dieselfde klerewinkel as wat hy beroof het.

Die man sal na verwagting Woensdag in die Durbanse landdroshof op aanklag van sakeroof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Die ‘speelgoedgeweer’ wat in sy besit gevind is, Tania… is seker maar ‘n fop pistool of rewolwer. Die Engelse noem ‘n handwapen sowel as ‘n geweer ‘n ‘rifle or gun’, maar die Boere praat in fyner besonderhede.

Stefaan ·

Dit moes ‘n klein geweer gewees het as hy dit aan hom kon versteek

ES ·

Nie noodwendig nie. Ek dra ‘n volgrootte pistool in wat die Engelse noem “appendix carry” en ek belowe jou, jy sal nie eers weet of kan sien dat ek hom dra nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.