Man beroof toe hy stop om hom te verlig

Argieffoto

Die Gautengse blitspatrollie het twee verdagtes op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om ʼn vragmotorbestuurder te beroof.

Kapt. Thisvhulawi Tshilate, woordvoerder van die Heidelberg-polisie, het gesê beamptes van die blitspatrollie-eenheid van Germiston was Donderdag omstreeks 08:00 besig met roetinepatrollie op die N3-snelweg toe hulle die twee verdagtes opgemerk het wat ʼn stilstaande vragmotor genader het.

“Die beamptes het na die vragmotor toe gery en toe hulle daar stilhou het die verdagtes in die rigting van Bergsig op die vlug geslaan,” het Tshilate gesê.

Die beamptes het kort daarna een verdagte aangekeer wat in die water van die Blesbokspruit probeer wegkruip het.

ʼn Polisiehelikopter is ook ontplooi, waarna die ander verdagte langs ʼn treinspoor vasgetrek is.

Tshilate het gesê die vragmotorbestuurder het glo gestop om homself te verlig toe die twee verdagtes hom gekonfronteer het. Hulle het ʼn vuurwapen op hom gerig en ʼn bedrag geld en sy selfoon geroof.

Die verdagtes moet binnekort in die Heidelberg-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Carlien ·

Welgedaan blitspatrollie!! Ek hoop nou net hulle word swaar gestraf en kry nie net n tik oor die vingers soos die meeste kriminele in ons land nie..

Phillip ·

volgens my is dit onwetig om langs die pad jou self vir lig as jy nommer 2 het is dit wettig weet nie of die wette al verander het nie in pta het n polies n ou gearesteer wat hom vir lig het

Nouja ·

Jammer oor die voorval, maar as die bestuurder van die vragmotor die landswette nl (1) jy mag nie op ‘n hoofweg stop behalwe in geval van nood nie en (2) jy mag nie in die openbaar “jouself verlig” nie gehoorsaam het, sou dit nie gebeur het nie.

Koos de Meyer. ·

Dis hoekom jy nie sonder ‘n vuu r wapen kan ry nie. As jou kar breek of iets dergeliks, dan beroof hulle jou.

NEEE WAT ·

Ek stem saam met Nouja – dit is walglik om te sien hoeveel mense deesdae dit langs die pad doen, en dan probeer hulle nie eens net bietjie diskreet wees nie. Dis hoekom alles in ons land agteruit gaan – geen wet, of SELFRESPEK nie.

Andrea ·

Daar is sekerlik noodgevalle wanneer mense nie anders kan nie, maar as ek so kyk as ons ry, lyk dit vir my na ‘n gebrek aan beplanning: Jy doen jou ding voor jy vertrek op ‘n plek – binne-in ‘n toilet. Dan stop jy gereeld by ‘n Ultra City langs die pad en doen dit weer. Mens moet in elk geval elke uur of twee maksimum stop wanneer jy ry/bestuur. Dit maak dat dit nie nodig is om net waar die nood jou oorval, te stop, jou noodflikkers aan te sit (soms), en net daar, ten aanskoue van al die padgebruikers, jou nood te verlig nie. So het ek my drie kinders geleer, en selfs my Chihuahua werk op daardie sisteem.

Stuiwer ·

Miskien ‘n goeie idee om liewer vlg. keer by ‘n vulstasie te stop en die toilet daar te gebruik…

anton ·

Het julle al opgemerk wie sommer so langs die pad staan en pie???
Dis Barbaars volgens my!!!

Flip Raath ·

Onthou net, as jy deesdae in die toilet pee gaan dit rivier toe. Langs die pad maak dit ‘n kolletjie groen gras.

Adri ·

Wat my verstom, is dat daar altyd “rowers” is, ongeag waar jy stop vir watter rede ook al. Lê hulle dan regtig elke 10 meter langs die pad en wag dat iemand stop? Ek kan dit nie glo nie, maar as iemand stop, is die rowers dadelik by.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.