Man beroof, uit motor gegooi

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is beseer nadat hy beroof, aangerand en uit ʼn bewegende motor gegooi is op die N3 in Lynnfield Park, KwaZulu-Natal.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Vrydagmiddag plaasgevind. “Die man het vir ongeveer drie ure op die middelman gelê voor ʼn verbygaande motoris hom gesien het en Netcare 911 geskakel het.”

Die man is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Die polisie in KwaZulu-Natal het gesê hulle is nie bewus van die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Erika Groenewald ·

Dit is niks snaaks nie- vandag in SA raak die mense glad nie meer betrokke nie, want hul weet nie wat met hul gaan gebeur nie. Baie mense in SA draai hul kop weg, en maak of hul niks sien nie.
Ek kan jul verseker in Amerika en in Engeland, selfs Europa, stel die mense nog belang in hul naaste-mense kan maar net n ambulans of die polisie skakel as hul iets sien-wat verdag is, niemand hoef hul naam te gee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.