Man beseer in valskermsweef-ongeluk

Argieffoto: Pixabay

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Saterdagoggend in ʼn valskermsweef-ongeluk in Bapsfontein, Gauteng, beseer.

Paramedici het kort ná 09:00 by ʼn vliegveld in die omgewing opgedaag, het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

“Die man het op die grond gelê en omstanders het reeds sy valskermweeftoerusting verwyder.”

Paramedici het die man ondersoek en gevind hy het verskeie ernstige beserings opgedoen en dat hy in ʼn ernstige toestand was.

“Hy is op die toneel behandel en met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg gevlieg nadat hy gestabiliseer is.”

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Augustus maand se winde is erg, hoop die persoon herstel vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.