Man beseer in valskermsweef-ongeluk

Reddingswerkers by lugmaghelikopter wat die man bygestaan het. Foto: Netcare 911

Reddingswerkers by lugmaghelikopter wat die man bygestaan het. Foto: Netcare 911

ʼn 45-jarige man is Maandag ernstig beseer in ʼn valskermsweef-ongeluk in die Bulwer-omgewing, wes van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die man in die moeilikheid beland toe sy valskerm inmekaargevou het terwyl hy gesweef het. Hy het op ʼn berg in die Boston-omgewing te lande gekom.

“Netcare 911 het saam met lugmagbeamptes van Durban, die provinsiale nooddienste en ʼn private reddingsdiens na die afgeleë gebied gevlieg,” het Mathe gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en met ʼn lugmaghelikopter na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.