Man beseer in vliegongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n Vlieënier is Vrydag beseer in ‘n vliegongeluk by die Stellenbosch-vliegveld in die Wes-Kaap.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die 46-jarige vlieënier het die vliegtuig probeer opstyg toe die stert die grond getref het en die vliegtuig omgeslaan het.

Majija sê die man is vir frakture en snywonde behandel op die toneel voor hy na die Mediclinic Vergelegen geneem is vir verdere behandeling.

Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.