ʼn 24-jarige man is in ʼn ernstige toestand nadat hy Woensdagmiddag vyf meter ver geval het op ʼn skip in Kaapstad se hawe.
“Die man het op die dek van die skip gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Bemanningslede het om hom gestaan en hulle het reeds noodhulp begin toepas.”
Die man het ernstige beserings aan sy pelvis en bene opgedoen. “Hy is na ʼn privaat hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die man het glo gegly en geval toe hy bo-op skeepsvraghouers gewerk het.