Man beseer ná Land Rover in muur vasjaag

Foto verskaf deur Netcare 911

Foto verskaf deur Netcare 911

ʼn Man is Saterdagaand ernstig beseer nadat ‘n Land Rover in ʼn muur by ʼn vulstasie in Malvern, KwaZulu-Natal, vasgejaag het.

“Die voertuig het die pad verlaat, deur die vulstasie gejaag en uiteindelik in die muur vasgejaag,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liewe lulu ·

Geen voertuig kan in n muur vas jaag nie. Dit is die bestuurder wat met die voertuig in n muur vas gejaag het.

Peet Schabort ·

Ook Liewe lulu is dit die voertuig wat die pad verlaat het. Dis waarom die voertuig teen die muur vasgejaag het.
Hopelik sal ‘n slim polisieman ‘n verklaring kan kry by die Land Rover.

zahn ·

Ek dink hulle moet ‘n alkohol toets op die Land Rover se olie laat doen. As daar nog olie oor is in die enjin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.