Man beseer ná trok rol

ʼn 50-jarige man is Dinsdag beseer toe die vragmotor wat hy bestuur het, gerol het (Foto: Verskaf)

ʼn 50-jarige man is Dinsdag beseer toe die vragmotor wat hy bestuur het, gerol het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het die oggend buitekant ʼn sakeperseel langs die R103 in Harrison, Pietermaritzburg, plaasgevind.

Die bestuurder van die vragmotor was in die vragmotor vasgekeer (Foto: Verskaf)

“Volgens berigte het die bestuurder met die vragmotor en ʼn sleepwa agteruit uit ʼn oprit gery. Die agteras het oor ’n steil wal gegaan en die vragmotor het gerol. ’n Gedeelte van die kajuit is in die proses platgedruk,” sê Herbst.

Die bestuurder van die vragmotor was in die vragmotor vasgekeer en paramedici het gehelp om hom te bevry. Hy het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

In ʼn afsonderlike voorval in KwaZulu-Natal is altesaam vyf mense beseer toe twee voertuie gebots het (Foto: Verskaf)

In ʼn afsonderlike voorval het Netcare 911-paramedici op ʼn ongeluk op die N3 net voor Peacevale in Durban-Wes gereageer, waar twee voertuie in ʼn ongeluk betrokke was.

“Een voertuig is in die pad op sy dak aangetref en die ander in die veld langs die pad.”

Altesaam vier persone het ligte tot matige beserings opgedoen. Een persoon het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici behandel.

“Al die beseerdes is per ambulans na nabygeleë hospitale geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.