Man beseer toe hek op hom val

Die toneel in Claremont, KwaZulu-Natal Foto: ER24

ʼn 32-jarige man is Donderdag ernstig beseer toe ʼn hek op hom geval het in Claremont, KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het aan die hek gewerk toe dit omgeval het. “Sy kollegas het hom onder die hek uitgesleep,” het hy bygevoeg.

Die man was omring deur sy kollegas toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy het verskeie beserings opgedoen en is in ʼn ernstige toestand na Westville-hospitaal geneem.”

Die voorval het in 28ste Laan gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.