Man beseer toe hy in gat val, skok

Paramedici behandel Dinsdag die pasiënt. (Foto: Netcare 911)

ʼn Man het ernstige brandwonde opgedoen toe hy Maandagnag in ʼn oop gat met gelaaide kragdrade in Sandton in Johannesburg geval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê in ʼn verklaring paramedici is Dinsdag omstreeks 06:08 na die toneel in Woodmeadweg ontbied.

Die man het na bewering deur die loop van die aand in die gat beland waar hy deur die kragdrade geskok is.

Volgens Herbst het die man ernstige brandwonde aan sy linkerbeen en regterarm opgedoen. Die man is op die toneel gestabiliseer voordat reddingsdiensbeamptes hom uit die gat gehaal het.

Die man is daarna na ʼn hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Klasie ·

Het die “onskuldige” man dalkies met die kabels gepeuter?? Vra maar net..

Penellope Jones ·

Moes die gat nie bedek gewees het, of minstens omhein gewees het met sigbare materiaal of wat ookal nie?

AmY ·

Jy moet sien hoeveel oop gate is hier in ons dorp. As jy nie weet dis daar nie kan jy baie maklik daarin val en baie seerkry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.