Man beseer toe motor in stormwaterkanaal beland

Foto: Verskaf.

ʼn Man, vermoedelik in sy 50’s, is Saterdagoggend beseer toe sy motor in ʼn droë stormwaterkanaal beland het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê, die voorval het Bloemfontein plaasgevind.

“Toe paramedici omstreeks 10:15 by die toneel opdaag het hulle die man buite sy voertuig, wat van die brug af in die kanaal beland het, aangetref. Hy was matig beseer,” het Siddall gesê.

Die man is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Dit is nog nie in dié stadium duidelik hoe presies die man en sy motor daar beland het nie.
Die polisie ondersoek die voorval.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos ·

Diegene wat daardie kanaal in persoon gesien het sal weet hoe indrukwekkend dit is vir daardie era. Dis gebou in vervloë tye toe stakings en plundery nie bestaan het nie. Wonder net hoeveel reën Bloemfontein destyds gekry het om dit te regverdig? Was daar nie ‘n fontein naby Loch Logan wat iets met die kanaal te doen gehad het nie?

Henry59 ·

Het seker “Grease” prober namaak…………….verlang seker terug na die goeie ou dae ………….. Wat n ongelooflike rolprent………………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.