Man beseer toe motor, trekker bots

Foto verskaf deur ER24

ʼn Man in sy 20’s het Donderdagmiddag ernstige beserings opgedoen toe ʼn trekker en ʼn motor op die R501, sowat 10 km buite Potchefstroom in Noordwes gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 14:00 by die toneel opgedoen. Die trekker en sy sleepwa was langs die pad en die motor het in die linkerkantste laan gestaan.

“Die bestuurder van die trekker het naby sy voertuig gelê. Hy het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn ernstige toestand,” het Meiring verduidelik. Die man is na die Mediclinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Catherina

Arme man. Hoop trekker was geregistreer

Tiptol

Lyk of hoë spoed betrokke was, as die trekker stil gestaan het.

Misky

Sou ook graag die ander kar wou sien en dink hoë spoed was ‘n faktor hier