ʼn Man is Maandag in Bothas Hill, KwaZulu-Natal beseer toe sy motor tussen ʼn huis se muur en ʼn wal beland het.
“Die man het glo beheer verloor oor die motor toe hy vir ʼn voetganger uitgeswaai het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder vir ER24, in ʼn verklaring gesê. “Verskeie omstanders was op die toneel toe paramedici opgedaag het. Die man was reeds uit die motor. Hy het matige beserings opgedoen.”
Die man is op die toneel behandel en na die RK Khan-hospitaal geneem.
Plaaslike owerhede was ook op die toneel.