ʼn 31-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het tydens ʼn ontploffing Donderdag in Jetpark, Johannesburg.
“Die man het glo agter sy kollega gestaan wat ʼn transformator afgeskakel het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Daar was ʼn ontploffing en olie uit die transformator het vermoedelik op die man gespuit.”
Die man se kollegas was reeds besig om noodhulp op die man toe te pas toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem,” het Bodasing bygevoeg.
Die man se kollega het geringe brandwonde opgedoen. Hy het hospitaalbehandeling van die hand gewys.
Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie.
Sover ek weet is Jetpark in Boksburg
Hoê Spannings apperate se olie moet gereeld getoets en vervang word. Wanneer nagelaat word om dit te doen is sulke tipe ontploffing die gevolg. Ek merk dat hierdie tipe ongelukke aan die toe neem is en ek wonder of die feit dat goed gekwalifiseerde ambagslui met vroeë pensioen gestuurisom plek te maak vir kleur.
Maak dit regtig saak waar die plek is?
Sterkte aan familie en hoop hy sterk gou aan!
Maak dit regtig saak waar plek is?
Sterkte aan familie en hoop hy sterk gou aan!
Die ongeluk het gebeur agv onbekwame/onbevoegde/lakse personeel, die antwoord is eenvoudig, normale instandhouding en diens, kan nie eens die bestaande infrastruktuur in stand hou nie, wat te se van uitbreiding, eskom en sy trawante is n uitstekende voorbeeld!