Man besef glo eers dae later hy is beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Noordwes is van meer as R40 000 beroof, maar het dit glo eers ʼn paar dae ná die rooftog besef.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verdagte het glo tussen Dinsdag 12 April en Donderdag 14 April by die man se huis in Tlokweng naby Madikwe ingebreek en ʼn “onbekende bedrag kontant” gesteel.

Die inbraak is eers op Saterdag 16 April by die polisie aangemeld nadat die man glo boumateriaal wou gaan koop en besef het die geld is gesteel. Die polisie het die saak begin ondersoek en ʼn 26-jarige man is Vrydag in Swartruggens in hegtenis geneem.

“Die polisie het meer as R40 000 in die verdagte se besit gevind. Daar is ook op verskeie items beslag gelê wat die verdagte glo met die gesteelde geld gekoop het.” Volgens Mokgwabone sal die verdagte Maandag in die Madikwe-landdroshof verskyn op aanklag van huisbraak en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Daar is blykbaar genoeg oor indien die man ‘n kluis sou gekoop het met ‘n deel van die geld.
Kom ons kyk: R40000-R3500=R36500 wat oorbly. Gevolgtrekking: moenie iemand in die versoeking bring deur geld te laat rondlê want dan is jy net so skuldig. Jy mag ook nie iemand toets of hy/sy steel deur hierdie metode te gebruik, nie dat dit hier gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.