Man besteel glo ongelukslagoffer

selfoonʼn Man is in Marble Hall, Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn slagoffer se selfoon by ʼn ongelukstoneel gesteel het.

Volgens konst. Lethunya Mmuroa, polisiewoordvoerder, het die ongeluk tussen ʼn motor en motorfiets Maandag in die dorp plaasgevind. “Verskeie mense het ná die botsing na die toneel gehardloop,” het Mmuroa gesê. “Die verdagte het glo een van die slagoffers se selfone gevat en in sy sak gedruk. Een van die omstanders het hom gesien en dit by die polisie aangemeld toe hulle by die toneel opgedaag het.”

ʼn Polisiebeampte het die man deursoek en die selfoon in sy sak gevind.

Mmuroa het gesê die selfoon was afgeskakel en toe die polisie hom vra om dit aan te skakel, het die man nie die sleutelwoord geken nie.

“Hy is in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn,” het Mmuroa bygevoeg.

Die persoon wat beseer is, is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.