ʼn 21-jarige vrou het in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag dat sy ʼn man na haar woonstel gelok het met ʼn aanlyn advertensie en hom daarna beroof het.
Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffer, ʼn 29-jarige man van Pretoria-Wes, en die verdagte het ooreengekom om mekaar by die vrou se woonstel in Sunnyside te ontmoet nadat die man op haar advertensie reageer het.
“Hy het R300 kontant vir haar gegee en het op die bed gaan sit en verwag dat die transaksie sou voortgaan,” het Mavimbela verduidelik. “Drie mans het egter daarna by die woonstel ingekom en die verdagte het die slagoffer alleen agtergelaat met haar beweerde medepligtiges.”
Die drie mans het glo ʼn verdere R400 kontant van die man gesteel tesame met ʼn Samsung S3-selfoon, bankkaarte en pinkodes, maar die man het geen geld in sy bankrekening gehad nie.
“Die verdagte is by haar woonstel in hegtenis geneem tydens ʼn klopjag deur die polisie,” het Mavimbela bygevoeg.
Sy staan tereg op aanklag van diefstal en is vrygelaat op borgtog van R1 500. Sy moet op 25 Julie 2017 weer in die hof verskyn.
“Persone wat iemand anders aanlyn ontmoet, word versoek om versigtig te wees. Indien jy ʼn vreemdeling vir die eerste keer ontmoet, dring daarop aan dat dit in die openbaar gebeur. Indien vreemdelinge ontmoet vir meer as net om mekaar beter te leer ken, moet hulle eerder na hotelle of na bed-en-ontbyt-plekke gaan,” het hy gesê.
Lootjie kry sy boontjie
Smeer jou met die semels dan vreet die varke jou op
Aanlyn ontmoet?! Ag komaan, dis duidelik prostitusie!
@Mielie, dink ek mos dieselfde….boontjie kry sy loontjie. Wat ‘n belustige saketransaksie.
die dametjies was seker vas oortuig die kliënt sou te skaam wees om te gaan kla.
Ek sukkel baie hard om vir hom jammer te voek.
Geen simpatie met mense wat hulle met twak ophou nie!
Haha nou het ek darem lekker gelag oor die troeteldiertjie
Haha nou het ek darem lekker gelag.
Hy verdien dit – shame kan ‘ n mens jou naam so krater maak . Sy katoolsheid moes hom meer gekos het – geen simpatie vir hom nie
Die korrasies kan ‘n man duur kos en daarom het elke “sports” beserings!
Dom mense moet voel.
Jollie, die korrekte uitdrukking is: “Meng jou met die semels dan vreet die varke jou”.
1 korintiers 6.10. Verduidelik mos mooi. Moet nie dit doen nie
Skotvry?? Moenie in die toekoms kla oor misdaad in SA nie. Hier is duidelik prostitusie, diefstal, roof, bedrog moontlik ook menseroof en aanranding betrokke.
Shame, en sy lus is nie geblus,
Glo nie jy kan die tipe aanlyn transaksie in ‘n restaurant beklink nie