Man betrap met bedreigde vetplante

Foto ter illustrasie. (Foto: Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit Instituut)

ʼn 40-jarige man is in Springbok in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo met ʼn bedreigde vetplantspesie betrap is.

Die verdagte het na bewering die Noord-Kaapse Wet op Natuurbewaring verontagsaam en sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die Conophytum wettsteinii (knopie of waterblasie) waarmee die verdagte betrap is, is ʼn soort vetplant wat algemeen in die Richtersveld en Steinkopf-omgewing voorkom. Dit is veral ʼn versamelitem onder onwettige planthandelaars. Die plant is bekend daarvoor dat dit nie elders in die planteryk te sien is nie, asook vir sy buitengewone vermoë om die omgewing na te boots en water te berg.

Die Springbok-veediefstal- en bedreigdespesie-eenheid, Upington-misdaadintelligensie, Vioolsdrift-grensintelligensie en Upington se tegniese ondersteuningseenhede het ná ʼn twee week lange ondersoek die verdagte vasgetrek.

Die geskatte waarde van die vetplante op die Suid-Afrikaanse mark is ongeveer R300 000.

Volgens Mase Manopole, LUR vir gesondheid in die Noord-Kaap, het die oes van vetplante vir onwettige handel die afgelope paar jaar skerp toegeneem. Voorts het sy gesê die departement sal voortgaan om saam met die polisie te werk om misdadigers vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kokerboom ·

Maak ‘n voorbeeld van die plunderaar. Sluit hom vir lank toe

Sarel ·

Looi hom….laat hy en ander soos hy die boodskap kry.
Net jammer SA het feitlik geen strafstelsel nir

Ben ·

Met al daai amptenare wat vir meer as twee weke die ondersoek gedoen het, se salarisse is meer as die R300 000 wat die plante werd is. Seker was hulle op ñ lekker uitstappie.

Ben ·

Ek sê nie die skelm was onskuldig nie. Kyk maar net na die uitgawes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.