Man betrap met lewende ietermago

Foto: SAPD.

ʼn Man (21) is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit van ʼn bedreigde spesiesoort.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is in die Alldays-area langs ʼn plaaslike sportgrond vasgetrek.

“Die polisie het hul normale patrollies gedoen wat stop-en-soek-operasies insluit, toe hulle ʼn man wat verdag lyk gewaar; hy het ʼn sak by hom gedra,” het Ngoepe gesê.

Die man is gestop en deursoek toe daar ʼn lewende ietermago wat met draad vasgebind was in die sak gevind is. Die man is onmiddellik in hegtenis geneem.

Die polisie se ondersoek duur nog voort.

Die man sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Dit volg ná drie verdagtes vroeër vandeesmaand by ʼn plaaslike winkelsentrum in Tzaneen in hegtenis geneem is vir die besit van ʼn lewende ietermago.

Die polisie het Woensdag ook twee vermeende renosterstropers in die Gravelotte-area vasgetrek vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en patrone. Hul sal in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

cor ·

So word ons land se fauna en flora geplunder terwille van n land wie se mense niks omgee vir die natuur nie. Dit gaan net om hulle seksuele behoeftes en dan mag hulle net twee kinders per gesin he.

Ai ·

Dis so wreed. n Waarskuwing aan sensitiewe lesers sal gaaf wees. Nie lekker om n weerlose diertjie so wreed gebind te sien nie.

Scalla ·

Doen presies dieselfde met hom as wat hy aan die skadelose diertjie gedoen het. Waardeer niks in die lewe nie.

Ruby ·

Wreedheid het geen perke, mag JY wat dit aan hierdie diertjie gedoen het dieselfde oorkom.

Claudia ·

Ruby, ek sê AMEN op jou kommentaar. Ek glo daar is n spesiale plek in die hel vir dieremishandelaars! Shame on them!

Theresa ·

Aarde tog – geen genade nie. Kan ons asb. lees wat van die wreedaard geword het? Het die DBV en ander diere beskermingsorganisasies hierdie saak onder hande? Dis ‘n skreiende skande dat ons land se diere so uitgeroei en opgev nee, opgeëet word. Wippe en strikke en slagysters. Het geen respek nie. HIer is weer ‘n bewys van die argeloosheid.

E.K. ·

Arme, arme oulike dier. Absoluut vieslik ek hoop oortreder word goed gestraf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.