Man betrap toe hy glo 6-jarige verkrag

Argieffoto

Argieffoto

‘n 20-jarige man sal na verwagting vandag in die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn nadat hy glo betrap is terwyl hy ‘n sesjarige meisie verkrag het.

Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê die man het glo Saterdagaand die sesjarige meisie in ‘n badkamer by ‘n kroeg in Roodepan verkrag.

Tawana sê die man het glo die meisie gegryp en haar na die badkamer gesleep waar hy haar verkrag het. Die man is glo op heterdaad betrap nadat ‘n ander persoon die badkamer wou gebruik.

Tawana sê die polisie is ontbied en die man is in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marley ·

Was die ses-jarige dan in die kroeg, is sy gesleep tot daar, of wat?

monika ·

wat soek die kind in n kroeg daar is net dronk en lastige mans.?

Elizabeth ·

Ek glo dit mag eerder ‘n sjebeen as ‘n “kroeg” wees – ek mag ook verkeerd wees. In alle geval glo ek dis weer ‘n geval dat die ma “werkend” is daar rond en die arme kind word maar so-so groot. Dit is egter spekulasie aan my kind, maar feit bly waar was die ma toe dit gebeur het – mens is ongelukkig geneig om sekere afleidings te maak in sulke gevalle. Dit bly egter erg en ek voel jammer vir die kind – sy had geen verweer teen, wat ek glo, ‘n dronk groot man was nie. Mens moenie vra wat het die kind daar gesoek nie – eerder waar was die ma!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.