Man betrokke by Magaqa-moord doodgeskiet

Argieffoto

Een van die mans wat verantwoordelik was vir die moord op Sindiso Magaqa (36), voormalige sekretaris-generaal van die ANC-Jeugliga, is glo deur die polisie doodgeskiet.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Jabulani Mdunge (38) was deel van ʼn groep van tien gewapende rowers wat op 1 September op die N2 tussen Harding en Kokstad met die polisie in ʼn skietgeveg betrokke was.

“Die mans was na bewering op pad om ʼn transitorooftog te pleeg toe hulle deur die polisie voorgelê is. Toe die polisie hulle konfronteer, het die verdagtes op die polisie losgebrand. Tydens die skietgeveg is drie verdagtes doodgeskiet en sewe is in hegtenis geneem. Daar is op ʼn aantal vuurwapens insluitend AK47-gewere en handwapens beslag gelê,” het Mulaudzi gesê.

Hy het gesê Mdunge was een van die verdagtes wat in die skietgeveg gesterf het en hy is sedertdien verbind met die skietery van Magaqa, Nontsikelelo Mafa (27) en Jabu Msiya (44). Mafa en Msiya is twee raadslede wat op 13 Julie saam met Magaqa by ‘n winkel geskiet is. Magaqa het op 4 September in ʼn Durbanse hospitaal gesterf.

Volgens Mulaudzi is die Valke steeds op soek na die tweede verdagte wat by die skietvoorval waarin Magaqa dood is, betrokke was.

Intussen het die Valke ʼn beloning van R450 000 aangebied vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding kan lei van die persone wat verantwoordelik is vir die reeks politieke moorde in KwaZulu-Natal. Altesaam 42 sake word tans ondersoek waarvan 24 moordsake is.

“Byna 34 verdagtes is in verband met tien van die moordsake in hegtenis geneem. Al 24 sake word steeds ondersoek en daar is al op 28 vuurwapens beslag gelê,” het Mulaudzi gesê.

Enigiemand met meer inligting word versoek om brig, Bongani Maqashalala by 082 482 9596 te bel. Inligting kan vertroulik deurgegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Sien nie dieselfde erns en fokus of belonings as dit kom by plaas moorde nie?

Karma ·

Snaaks dat moorde en misdade wat op swartmense gepleeg word, so blitsvinnig deur die polisie ondersoek en opgelos word.

Ek herinner my aan plaasmoorde wat vier, vyf en ses jaar gelede gepleeg is asook die Anika-saak wat na TIEN JAAR nog nie opgelos is nie, maar die moord op daardie Eskom-werker is al in die hof en alles.

Toppie ·

Hoop die polisiemanne wat verantwoordelik was gaan aangekla word van moord – dit is wat met boere gebeur as hulle, hulle self verdedig teen plaas aanvalle en diefstal op plase.

Anoniem ·

Soos dinge aangaan in die land stel ek voor ons almal moet maar n AK kry. Reg en geregtigheid is nie meer aan die kant van ons onskuldige mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.