Man bieg oor moord op kleuter

Mortimer Saunders. Foto: ANA

WAARSKUWING: Die berig bevat uiters grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Mortimer Saunders het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof beken dat hy die driejarige Courtney Pieters vermoor het.

In ʼn verklaring wat deur Saunders se verdediging uitgelees is, het Saunders gesê hy het die dogtertjie vermoor nadat hy haar miergif ingegee het oor konflik tussen hom en Courtney se ma. Saunders het ʼn kamer by Courtney se ouerhuis gehuur.

Volgens Saunders het Courtney se ouers haar op 4 Mei 2017 in die sorg van haar broer gelaat. Courtney het op die dag na sy kamer gekom. Hy het haar glo aangesê om te loop, maar sy het later weer teruggekeer. Volgens Saunders was hy geïrriteerd en het haar miergif ingegee.

“Sy het begin hoes en nadat bure na haar begin roep het, het sy probeer skree.” Volgens Saunders kon hy nie toelaat dat Courtney in haar toestand gevind word nie aangesien die miergif haar nie net siek gemaak het nie maar sou doodmaak. Hy het paniekerig geraak en haar verwurg voor hy ʼn handdoek om haar gesig gebind het.

Courtney Pieters

“Ek het daarna omtrent ʼn uur lank in my kamer gebly,” het Saunders in sy verklaring gesê. Hy het hierna vir Courtney met sy vingers gepenetreer. Hy ontken egter dat hy haar met sy geslagsdeel gepenetreer het.

Saunders het onskuldig gepleit op die aanklag van verkragting hoewel hy skuld erken het op aanklag van moord. Hy het egter aangevoer die moord was nie met voorbedagte rade nie.

Volgens Saunders het Courtney se ouers later die dag teruggekeer en na haar begin soek wat hom laat besluit het om van haar liggaam ontslae te raak.

Saunders is op 15 Mei verlede jaar vasgetrek ná Courtney se liggaam in ʼn vlak graf in Epping aangetref is.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hartseer ·

Dis SIEK! Arme arme meisie :( My hart gaan uit na haar.
Hoe kan iemand so iets doen.

chrisjan ·

En ons regstelsel is net so siek!Hy gaan miskien 6 jaar agter tralies sit(al kry hy lewenslank) dan is hy weer vry.Ons strawwe is te lig vir moord en veral as dit by kinders kom.

KG ·

So ‘n mens moet verwyder word uit die samelewing…liewe hemele. Ek was al ‘n paar maal in my lewe geirriteerd, maar beslis nog nooit die behoefte gehad om iemand te vergiftig nie!!!!

Wilmarie ·

Geirriteerd? So as kinders jou kom pla, dan gee jy vir hulle miergif om te drink?

Kitty ·

Hierdie persoon verdien die dood. Die Bybel sê “om die kwaad onder julle uit te roei”.

Haas ·

As hy paniekerig geraak het oor haar toestand, hoekom haar dan nog daarna penetreer? Dis siek man! Mag sy straf lank en moeilik wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.