Man binne ure vas na moord op kind

Argieffoto: SAPD, Facebook

’n Man (54) is Maandag ses ure nadat ’n negejarige kind se verdwyning in Hankey in die Oos-Kaap aangemeld is, in hegtenis geneem vir dié kind se moord.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê Aqhama Tom is Sondag omstreeks 16:00 vir die laaste keer in Matodlanastraat in Weston in die dorp gesien waarna sy spoorloos verdwyn het.

Aqhama is Maandag omstreeks 14:00 as vermis aangemeld waarna ’n ondersoek deur plaaslike speurders en beamptes van Humansdorp se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe van stapel gestuur is. Die verdagte is ure later, omstreeks 20:00, in hegtenis geneem.

“Die man het die polisie na die bosse naby die R330 in Hankey geneem waar hy Aqhama se liggaam aan hulle uitgewys het,” het Nkohli gesê.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoe Aqhama om die lewe gebring is nie.

Haar vermeende moordenaar sal na verwagting Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Brig. John Lebok, bevelvoerder van die Humansdorp-polisiegroepering, het die moord veroordeel.

“Dit is ongelooflik dat sommige mense nie gehoor gee aan ons oproepe in ons pogings om die aanvalle op vroue en kinders te beëindig nie. Die dood van enigiemand is pynlik, maar om iemand onder sulke omstandighede te verloor, is baie hartseer en pynlik. Ek hoop dat die oorledene se gesin vertroosting sal vind in die wete dat die verdagte agter tralies is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cheryl ·

Dis so sinneloos. Geen respek vir lewe nie. Die duiwel is letterlik los. Help ons asb Here!

netek ·

Na 10 jaar wil ek nog steeds my ma se moordenaar met `n kar plat ry. Dink nie regtig dat mens vertroosting vind nie, mens aanvaar net dat die lewe aangaan en daarmee saam moet jy ook

Androclus ·

Van saak weer uitstel en wag vir borgaansoek moet daar nie eers sprake van wees nie.Net die volgende verhoor sommer klaar dubbele lewenslank + 200 jaar tronkstraf.Die bewyse is daar en die skuldige is skuldig.Punt.

ES ·

“Dit is ongelooflik dat sommige mense nie gehoor gee aan ons oproepe in ons pogings om die aanvalle op vroue en kinders te beëindig nie.”

Want om dit openlik te veroordeel gaan mos ‘n moordenaar en verkragter van plan laat verander… Lagwekkend. DOEN iets daaromtrent en hou op om alles net te “veroordeel”. Woorde is wind.

Thea ·

Absoluut geen respek vir enige iemand nie. Hoe is dit moontlik dat soveel moord daagliks gepleeg word, soveel verkragtings daagliks in SA en tog word daar net mooi niks daaraan gedoen nie. Wanneer wil SA se regering hulle oë oopmaak en plan begin maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.