Man blitsig vas ná hy glo by bank inbreek

Argieffoto

ʼn 23-jarige verdagte is in hegtenis geneem minder as ʼn uur nadat hy na bewering by ʼn bank in Port Elizabeth ingebreek het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Woensdag omstreeks 23:00 in kennis gestel van ʼn inbraak by ʼn bank in Govan Mbeki-laan. Die bank se veiligheidsbeamptes het die verdagte op die veiligheidskameras se beeldmateriaal gewaar en die polisie ontbied.

Die voorste venster van die bank was stukkend geslaan en ʼn rekenaarskerm is uit die bank gesteel.

“Die wagte het ʼn beskrywing van die verdagte gegee en kort daarna het lede van die polisie se K9-eenheid die verdagte in Middle-straat, nie ver van die toneel af nie, opgemerk,” het Naidu gesê. Die verdagte se hande het gebloei en hy het ʼn rekenaarskerm in sy besit gehad.

Die man is in hegtenis geneem op ʼn aanklag van inbraak en hy sal Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Brig. Neil Jantjies, die waarnemende bevelvoerder van die Mount Road-polisie, het die polisielede geloof vir hul vinnige reaksie en die blitsige inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John Samuel ·

Ah, die goeie ou K-9!!!
Hoekom is daar n Polisie embleem op die voorste deur van die Blitspatrollie voertuig?
Sodat die polisieman weet by watter deur om in te klim.
Hoekom is daar die n embleem op die agterste deur nie?
Die K-9 weet waar om in te klim.

Kaspaas ·

Die polisie ondersoek n’ saak van inbraak. Wat van diefstal?

oordeel nie ·

hou op veralgemeen wat die Polisie aanbetref, vee maar voor jul eie deure

Gawie ·

Ai tog – hoe is dit dat sommige mense nie ‘n grappie kan geniet nie . . . . . . . Dankie John Samuel – nou lekker gelag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.