Man brand dood na hy twee uit huis red

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n 60-jarige man is dood nadat hy Maandag twee familielede uit ‘n brandende huis in Birchleigh in Kempton Park gered het.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel was brandbestryders reeds besig om die brand te blus.

Die man se verkoolde liggaam is in die huis gevind.

Die oorledene se 84-jarige ma het aan paramedici gesê dat haar seun haar en haar sesjarige kleinseun uit die huis gered het. Die dak het glo hierna op hom ingeval.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.