Man brand dood ná hy vrou met byl aanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 52-jarige man  van Noordwes is dood nadat hy sy vriendin met ʼn byl aangeval het en toe sy huis met homself daarin aan die brand gesteek het.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het gesê die man het sy 54-jarige vriendin Maandag met ʼn byl in Atamelang aangerand. Die vrou het daarin geslaag om deur ʼn venster te ontsnap en hulp te soek.

Die man het sy huisie daarna aan die brand gesteek terwyl hy steeds in die huis was. Volgens Moleko was die man dood en die huis heeltemal vernietig toe die polisie op die toneel opgedaag het. Dit is in hierdie stadium onduidelik of ʼn vlambare vloeistof gebruik is om die huis mee aan die brand te steek.

Die vrou is na ʼn hospitaal gehaas en is in ʼn kritieke toestand.

ʼn Saak van poging tot moord en brandstigting word ondersoek. ʼn Geregtelike doodsondersoek sal ook gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Gaan hulle n saak maak teen die oorledene, What a way to go…….

Neptunus ·

Sy planne se volgorde het dalk deurmekaar geraak. Atamelang was mos al voorheen in die nuus oor ‘n man wat sy oom voorberei het… vir ete.

pop ·

Nou toe nou, dis briljant. Hierdie ou word aangekla, hys skuldig en vonnis is voltrek. As ons maar alle sake so gou kon afhandel ne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.